Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar se sterre is gunstig vir jou belangstellings. Jou sterre vir die liefde is goed en dié vir jou werk skyn ook helder. Daar sal probleme wees omdat van jou planne skeefloop, maar in die geheel is dit ’n goeie jaar.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persoon is iemand van wie ander instinktief hou en wat hulle vertrou. Die persoon sal goed vaar in ’n pos waar daar kontak met mense is. Hulle het ’n goeie verbeelding en stel belang in die kunste. Hulle wil almal gelukkig maak.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Omdat die maan vandag in sy eerste kwartier is, is jy geneig om effens prikkelbaar te wees of iemand anders is liggeraak. Omdat dit die tweede dag van die werkweek is, sal die een wat so gevoelig is, nie juis die gunsteling wees nie.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Vandag is daar ’n reeks probleempies, maar dikwels is dit die klein jakkalsies wat die wingerd verniel. Dis die beste om die probleme stelselmatig aan te pak en nie toe te laat dat nietighede jou beïnvloed nie.

RAM (21 Mar.-20 Apr.)

Vandag is daar komplikasies met jou geldsake. Presies wat die komplikasies is, is nie duidelik nie, maar een ding is: Jy sal meer bekommerd oor dié dinge wees as wat redelik geregverdig kan word. Kry dus jou prioriteite reg.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Vandag is die maan in sy eerste kwartier en in jou teken. Gewoonlik is dit nie ’n groot kwessie nie en dis ook nie vandag nie, maar daar is mense om jou wat sonder rede ’n storm probeer ontketen.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Vandag is die eerste kwartier van die maan in jou twaalfde hoek. Dié hoek kan jou ten gronde laat gaan. Met ander woorde: Jy sal geneig wees om dinge te doen wat beslis nie in jou beste belang is nie.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Vandag bevind jy jou in ’n dilemma. Dit het te doen met ’n vriend en moontlik iets wat jy wil hê moet gebeur. Die vraag is: Laat jy dié ding op jou manier gebeur selfs al kan dit die verhouding skade berokken?

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Die eerste kwartier van die maan val in jou hoek vir werk en aansien. Dit gebeur dikwels; dus is dit nie ’n groot probleem nie. Dié keer sal dit goeie omstandighede vir jou aansien en jou vooruitsig op bevordering te weeg bring.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Die maan in sy eerste kwartier en in jou hoek vir hoër denke bring goeie omstandighede mee vir studie, lees of selfs om onderhoude by te woon. Die belangrikste is, die maan gee jou meer selfvertroue en dis goed.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Iets of iemand sal die lewe vir jou moeilik maak. Dit sal nie baie moeilik wees nie, maar jy sal voel die week begin nou maar eers – daar is nog ’n hele paar dae oor en sake kan maklik vererger.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy het reeds baie om te doen, maar om die een of ander rede word jy gekies om ekstra werk te doen wat lyk asof dit opgehoop het. Dit kan jou vlei, maar jy wil dalk nie nou gevlei word nie. Byt maar vas.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Die eerste kwartier van die maan val in jou hoek vir werk, gesondheid en klein diere. Een van dié aspekte van jou lewe sal geraak word, maar die vraag is: Watter een? Moenie bekommerd wees nie; dit sal nie ’n moeilike tyd wees nie.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Die maan in jou hoek vir die liefde en romanse bring romantiese gedagtes en sekere behoeftes. Vir sommige Steenbokke beteken dit jy het die dag goed begin. Vir ander beteken dit hulle beplan om hul dag goed te laat eindig. Dis ’n goeie idee.