Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Daar is goeie sterre vir vanjaar, maar meestal beteken dit jy moet dit rustiger vat en nie druk toepas sodat belangrike veranderinge kan gebeur nie. Dis ’n tyd om die toestande wat tans heers, te verseker en te beplan vir verandering in die komende jare.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone is van nature dromers wat die wêreld verander. Hulle sal mislukkings beskou as die poort na sukses. Hulle stel belang in letterkunde, veral die digkuns, en ook in sport.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Dis die einde van die week en ’n projek wat jou ’n ruk lank besig gehou het. Dis dalk nodig om nou weer te dink oor van jou prosedures, want jou rooster is omvergegooi, veral vir volgende week.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jy hardloop meer as gewoonlik rond vir ’n Vrydag. Die goeie nuus is jy kry wat jy wil hê om dinge gereed te kry vir die begin van volgende week. Daar is goeie omstandighede vir vanaand.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy moet jou geldsake kontroleer. Maak seker jy het genoeg geld vir die dinge wat jy môre en Sondag wil doen. Daar’s niks erger as om te min geld te hê wanneer jy dit nodig het nie.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Vandag is die begin van iets nuuts. Dit kan ’n projek vir werk wees, maar dit lyk of dit jou verbeelding aangegryp het. Ek raai die projek sal waarskynlik iets wees wat jy as ’n stokperdjie wil beoefen.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Alles verloop glad tot iets uit jou verlede hom herhaal. Die goeie ding is jy het dit laas keer uitgesorteer, wel amper, maar nou weet jy wat jy moet doen om dinge op te los.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Daar is goeie omstandighede om saam met vriende en metgeselle te wees. Dit lyk nie of iets skouspelagtigs sal gebeur nie. Dis onduidelik presies wat die goeie omstandighede inhou, maar jy sal mal wees daaroor.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Vandag se gebeure sal nie juis belangrik wees nie, maar jou ego word gestreel en jou algemene aansien verbeter. Daar is goeie vooruitsigte vir nou, maar gebruik dié sterre wys en trek voordeel uit jou goeie geluk.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Daar is nog praatjies oor reise na ver plekke. Met hierdie sterre is dit moontlik dat jy gevra word om na ’n ver plek te gaan vir werk of iets wat met werk te doen het. Natuurlik sal jy gaan, al is jy huiwerig.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Daar sal rekeninge wees of dalk is dit net onverwagte uitgawes. Die goeie ding is jy het genoeg geld hiervoor; dus sal dit jou nie arm maak nie. Maak seker dat foute nie nog foute veroorsaak nie.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Daar is goeie sterre vir die huwelik en intieme verhoudings. Ek dink nie dit dui op ’n kuiertjie in die namiddag nie, maar dit kan vir ’n interessante tydjie vanaand sorg. Reël dus ’n ete vir twee, kompleet met “nagereg”.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

As jy effens olik voel, kan jy jou sterre verkwalik. Wel, jy kan jou sterre gedeeltelik blameer, want dis ook jou optrede gister, en meer spesifiek laas nag, se skuld. Dit sal beter raak.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Daar is goeie sterre vir jou liefdeslewe. Danksy dié sterre sal die liefde en toegeneentheid na jou kant toe kom en van jou liefde sal op iemand belangriks gefokus wees. Dit kan goeie dinge dié naweek inhou.