JOU DAG

Verwag opwinding, maar ook oponthoude en vertragings op die nippertjie.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is op die diereriem se dag vir sosiale ideale gebore. Mense wil in jou innemende geselskap wees en bewonder jou sorgsaamheid. Dis belangrik om in jou besige roetine tyd in te ruim vir gereelde ontspanning.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jy kan moeilikheid in jou verhoudings, sport of stokperdjies verwag omdat Venus agteruit beweeg deur jou sone vir romanse, vriendskap en ontspanning. Die lewe sal vandag beslis nie vervelig wees nie.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Jou huis is waar jou hart is en jy takel huishoudelike takies of versorg afgeskeepte gesinslede. Bly op jou tone, want jy sal dalk ’n vinnige, smaaklike maaltyd vir onverwagte gaste moet berei.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jy is baie gesellig en beur die mense om jou op. Maar jou toegeneentheid is veranderlik en ongereeld. Jy doen te veel en sien te veel mense.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Dink buite die boks!’n Ou oplossing werk nie vir ’n huidige probleem nie. Span jou verbeelding en kreatiwiteit in en bedink ’n nuwe, avontuurlike benadering.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Die son sluit by Jupiter, die planeet vir voorspoed, aan en dus is goeie geluk aan jou kant. Maar Venus beweeg steeds agteruit deur jou teken en dus kan goeie geleenthede ’n rukkie neem om te manifesteer. Wees geduldig!

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Maagde is vandag vol energie en krag! Jupiter sluit by die son in jou teken aan. Daar is dus baie om na uit te sien omdat jy goeie geluk na jou toe aantrek, erkenning kry of ’n mylpaal vier.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Weegskale hou daarvan om te help. Die son en Jupiter saam verhoog jou entoesiasme om diegene wat siek of behoeftig is te help. Hoe meer jy ander help hoe beter sal jy voel!

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Positiewe veranderinge is op pad. Jy vervul ’n leierskapsrol in ’n groepsituasie. Maak seker jy doen eerste al die nodige navorsing agter die skerms.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Die verbintenis tussen son en Jupiter vermeerder jou optimisme en verkort jou aandagspan. Streef daarna om vrygewig eerder as praterig en spontaan eerder as halsoorkop te wees.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Jy voel ongewoon rusteloos en eiesinnig wat jou aspirasies betref. Die son en Jupiter gee jou selfvertroue ’n hupstoot en moedig jou aan om vir jouself ambisieuse doelwitte te stel.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Moenie uitstel nie – doen dit vandag! Jou leuse tans kom van Moeder Teresa se woorde: “Gister is verby. Môre moet nog kom. Ons het net vandag. Laat ons begin.”

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Jy voel baie ondersteunend jeens ’n geliefde wat deur ’n moeilike tyd gaan. Verrassings en avontuur wag wanneer julle deelneem aan ’n prettige aktiwiteit wat albei geniet.