Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG

Vanjaar gaan jy voor ’n paar struikelblokke te staan kom. Iemand wat jy vertrou, stel jou ernstig en in die openbaar in die verleentheid. Dis ’n tyd waarin jy noodgedwonge na jou lewe moet kyk en baie veranderinge moet aanbring.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD

Hierdie mens het ’n briljante verstand en ’n goeie geheue. Hulle gaan vinnig en skerp wees. Hulle sal goed vaar in die regte of dalk ’n mediese beroep. Dit is iemand waarop jy tydens ’n noodgeval of onverwagte krisis kan staatmaak. Hulle gaan ’n goeie spreker wees.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Af en toe maak jy stellings wat jy nie met feite of navorsing kan steun nie, en vandag is so ’n dag. Gewoonlik ignoreer die meeste mense eenvoudig jou oordeelsfout, maar nie vandag nie; vandag gaan iemand jou kortvat.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Ek kan dit nie mooi peil nie, maar daar is ’n klein irritasie wat jou al ’n ruk pla. Vandag steek dit kop uit en jy is gereed om dit uit die weg te ruim. Maak net seker jy is reg.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Dis ’n goeie dag vir jou. Dit kan amper enigiets beteken, maar heel dikwels gaan jy die een of ander boodskap ontvang wat die bal aan die rol kry. Net jy weet wat die boodskap is, maar dis iets aangenaams.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jy staan tans voor ’n dilemma. Gewoonlik kan jy hierdeur voortploeter, maar nie hierdie keer nie. Die beste raad is om te luister na die menings van dié wat reeds so iets ervaar het. Volg hul raad.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Iemand het een keer vir my gesê: “Wanneer iemand ’n strop om jou nek hang, haal dit net af, hang dit om iemand anders se nek en stap weg.” As jy dit nie nou verstaan nie, sal jy wel voor jy vanaand gaan slaap.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Ek gaan nie verklap waaraan jy amper heeldag sal dink nie, maar daar word gesê mans dink elke paar minute daaraan en vroue elke paar uur. Ek dink nie dié gedagtes gaan lei tot dit waaraan jy dink nie.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Jy het goeie sterre in jou hoek vir die huwelik en intimiteit. Hierdie sterre beloof nie noodwendig aksie nie, maar dit skep die moontlikheid dat iemand sal reageer as jy die regte atmosfeer skep. Spring aan die werk!

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Vandag bring netelige werkprobleme. Ek sien nie dat jy stert in die lug in die straat afstap wanneer jy die probleme oplos nie, maar iemand gaan heimlik beïndruk wees; dit is die indruk wat jy wil skep.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy sal al jou wysheid as Bul moet gebruik as jy vandag die kaf van die koring wil skei. Mense gaan baie oortuigend wees en jy gaan hulle graag glo. Staan ’n bietjie terug en dink eers na.

TWEELING (21 Mei.-21 Jun.)

Jy werk al ’n ruk lank aan jou eie projek en dit eindig vandag. Maak dus vandag aantekeninge oor alles; jy kan selfs aantekeninge oor aantekeninge maak.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Daar is goeie sterre vir enige soort kommunikasie; daarom is dit nou ’n geleë tyd as jy dit oorweeg het om jou selfoon vir iets nuuts en moderns in te ruil. Maak seker jy kry verstaanbare inligting.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy moet na jou geldsake kyk. Jou uitgawes bou in die laaste tyd op en begin aan jou spaargeld vreet. Dit is nie hoe die trotse Leeu moet leef nie; jy moet dié probleme oplos.