Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Die komende jaar bring jou tot ’n punt waar jy nie kan omdraai nie. Jy sal moet besluit, maar Weegskale hou nie van besluite neem nie. As jy nie hierdie besluit neem nie, sal dit vir jou geneem word. Daar wag opwindende tye op jou.

BABAS WAT VANDAG GEBORE IS:

Hierdie mens het ’n helder verstand en ’n goeie geheue. Hulle sal baie oplettend, vernuftig en produktief wees. Hulle het ’n belangstelling in die letterkunde of taalgebruik. Hulle is vinnige en deeglik en sal dus waarskynlik goed vaar in regswerk.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Jy gaan oor ’n belangrike saak van mening verander. Dis iets wat blykbaar net oor jou handel; daarom is dit onnodig om dit met enigeen te bespreek, tensy jy leiding kort. Dit lyk onwaarskynlik.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Daar gaan die een of ander soort boodskap wees wat jou na ’n vervloë tyd terugvoer. Dalk kry jy ’n onverwagte kaartjie, brief of e-pos van iemand wat jy goed ken maar wat blykbaar sonder rede uit jou lewe verdwyn het.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jy kry ’n boodskap van of oor ’n vriend. Dikwels bring vandag se sterre ’n boodskap van iemand wat op die oomblik ver van jou af is. Dalk kry jy ’n kaartjie van iemand wat op ’n eksotiese plek vakansie hou.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jy gaan nuus kry oor iets wat jy gedoen het of graag wil doen. Die goeie nuus oor hierdie boodskap is, jy kry lof vir jou vaardighede of dalk dat jy dapper genoeg was om struikelblokke aan te durf en te oorkom.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Daar sal korrespondensie oor of van ’n vreemde plek wees. Kan dit beteken dat jy ’n lekker wegbreek reël? Sommige Waterdraers reël eintlik ’n belangrike buitelandse reis, moontlik ’n wittebrood.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Soms kry ons ’n brief in die pos en weet wat dit is voor ons nog gekyk het; daarom huiwer ons om dit oop te maak. So gaan vandag wees. Dit kan moontlik ’n rekening wees wat so groot is dat jy sukkel om dit te betaal.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Iemand gee jou ’n groot kompliment. Dit is lekker om te weet, maar om die een of ander rede hoor jy dit weinig. Wanneer laas het jy iemand vertel hulle is belangrik vir jou?

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Dis die einde van die werkweek en daar is sake wat jou aandag verg voor jy die naweek kan ontspan. Voeg dit by die ekstra werk wat die kosmos jou kant toe stuur en daar lê ’n taamlik besige dag voor. Agteros kom ook in die kraal.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

Party gelukkige Tweelinge gaan hoor iemand dink hulle is baie spesiaal. Dit kan ’n aanduiding wees van groter en beter dinge, en aangesien sekere gebiede van jou lewe deur ’n droogte is, gaan vandag spesiaal wees.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jy gaan hoor van iets se einde. Dit is ’n einde wat jy min of meer verwag het; dit hou groot belofte in, want dit gee jou die kans om met iets te begin wat jy al geruime tyd oorweeg.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy gaan ’n groot deel van die dag op die telefoon praat, of dalk gaan jy briewe skryf. Wat dit ook al is, lyk jy vasbeslote om inligting oor te dra en te kry oor ’n paar van die dinge wat jy wil doen.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Vandag bring inligting oor jou geldsake. Ek voorsien nie slegte nuus nie; dus is daar ’n goeie kans dat jy iewers ’n bietjie ekstra geld inkry. So ’n meevaller is altyd lekker.