Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Daar is goeie sterre vir jou, maar jy kan geneig wees om in te storm waar ander versigtiger sou wees. Daar kan byna onmiddellike gevolge wees. Jy sal ’n paar mense uittrap en kwetsende briewe skryf.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mense is aktief en vol energie. Hulle hou van sport en liggaamlike aktiwiteite. Hulle is geneig om ietwat buierig te wees. Hulle raak soms angstig en bekommerd, maar dis gewoonlik oor niks of kleinighede. Hulle stel in die wetenskap belang.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jy het weer geldprobleme. Ek voorsien nie dat jy in armoede sal verval nie, maar jy sal moet let op jou inkomste en uitgawes. Jy sal ook spaarmaatree¨ls moet tref. Geld sal eindelik kom.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Die tyd is geleë om vriende en kollegas te nader, veral daardie mense wat ouer of jonger as jy is. Hoe dit ook al sy, dit lyk asof daar ’n groot ouderdomsverskil is.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jou sterre vir vandag bring omstandighede mee wat jou bekommer. Maar gewoonlik bring dit jou nêrens en vandag is geen uitsondering nie. Doen dus iets positiefs of kry ’n kundige om dit vir jou reg te maak.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Die tyd is geleë vir opvoeding-, filosofie- of godsdienssake. As jy dus daaraan dink om in dié rigting te studeer, is dit nou die tyd om die wiele aan die rol te sit. Dis ook ’n goeie tyd om ’n reis na ver plekke te beplan.

RAM (21 Mrt-20 Apr.)

Die slegte nuus is: Daar is uitgawes wat betaal moet word. Dit is groot uitgawes en waarskynlik rekeninge wat jy nie ’n week of twee kan ignoreer nie. Gewoonlik behels hierdie sterre periodieke uitgawes, soos huisversekering.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Vandag bring klein haakplekke mee. Dit behels vennootskappe of ’n hegte verhouding. Dit saai nie verdeeldheid nie, maar kan ’n bietjie spanning veroorsaak, as jy dit toelaat. Gebruik dus die geduld wat eie aan Bulle is.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Dit lyk of daar bykomende verantwoordelikheid met werk of, vreemd genoeg, gesondheid is. Hoe dit jou sal beïnvloed, is onduidelik. Maar jy kan seker wees dit gaan jou laat agterraak met jou werk.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Vandag is een van daardie dae dat geleenthede jou kant toe kom. As jy dit ten volle benut, sal dit tot jou voordeel strek. Maar as jy dit ignoreer, sal jy jou nog lank agterna wil skop. Dink vindingryk.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Iets eindig. Dit behels die planete Saturnus en Mercurius. Dus is oponthoud en meer verantwoordelikheid ter sprake. Gelukkig het die Leeu nie besware oor verantwoordelikhede nie.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Jy het uitstekende sterre vir alle soort kommunikasie. As daar iets is wat jy met mense ver van jou moet uitstryk, is die tyd geleë om te bel; so nie, skryf ’n paar ernstige briewe.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Daar sal probleme wees met geld of besittings. Dikwels lei die sterre wat jy vir vandag het, tot die verlies van iets waardevols. Dit het moontlik min waarde, maar vir jou het dit sentimentele waarde.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Die sterre dui op ’n tyd van meer kopwerk en erns. Jy is weens hierdie sterre geneig om die donker kant te sien. Dit kan dalk wys wees om nie langtermynbesluite te neem voor hierdie tyd verby is nie.