Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Jy het vanjaar uitsonderlike sterre. Jy sprei jou vlerke en beweeg in nuwe en opwindende rigtings. Dis ’n keerpunt in jou lewe. Daar is ’n paar hobbels op jou pad. Hierdie “hobbels” is mense wat jy vertrou het wat jou in die steek laat.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone vind reis en verandering fassinerend, maar reise kan ook moeilike uitdagings inhou. Godsdiens- of filosofiese sake kan probleme veroorsaak, veral met die teenoorgestelde geslag.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Jy is geneig om ’n bietjie kortgebaker te wees omdat die maan vandag in haar eerste kwartier is. Dit sal waarskynlik in jou werk neerslag vind. Jy sal voel jy moet alles nou afhandel al kan ’n gejaag veroorsaak dat jy foute maak.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Vandag is daar klein probleme. Dit het meestal met reis te doen. Daar sal ook komplikasies weens en bekommernisse oor die optrede van ’n familielid of bure wees. Wat dit ook al is, dis kleinighede.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Vandag is daar ’n paar probleme met jou geldsake. Dis niks ernstigs nie, maar jy kyk na jou bankbalans en sien dis in die rooi, en dit is iets waarvan Leeus nie hou nie. Jy wil finansieel veilig voel.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Die maan is vandag in haar eerste kwartier in jou teken. Dit klink belangriker as wat dit is. Al wat dit waarskynlik sal meebring, is klein hindernisse in ’n projek waarmee jy ’n ruk gelede begin het. Die praktiese Maagd sal dit kan uitwerk.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Die eerste kwartier van die maan in jou twaalfde hoek sal waarskynlik ’n paar klein terugslae meebring. Die ding wat jou die meeste irriteer is jy sal iets moet oordoen wat jy gedink het besonder goed gedoen is.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Vandag bevind jy jou in ’n dilemma oor iets wat met ’n vriend te doen het. Aan die een kant kan jy die persoon se optrede verstaan, maar aan die ander kant weet jy party dinge moet gedoen word selfs al kan dit mense omkrap.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Die eerste kwartier van die maan val in jou hoek vir loopbaan en aansien. Dis goed vir jou, want dit bring jou en en dit wat jy bereik het in die kollig. Beskeidenheid sal waarskynlik vandag die beste benadering wees.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Die maan in haar eerste kwartier in jou negende hoek bring goeie omstandighede mee vir dinge wat met langafstande te doen het. Soms lei die sterre wat jy het tot ’n reis. Dit sal nie onmiddellik gebeur nie, maar dit sal, dus kan jy begin beplan.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Dikwels werp die sterre wat jy vandag het lig op die een of ander misleiding waar iemand ’n ander ondermyn. Dis waarskynlik nie so bedoel nie, maar die bedoeling is nie die kwessie nie; die herstel van die skade is.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Die maan in haar eerste kwartier is in hou hoek vir intimiteit en verhoudings. Dis ’n goeie posisie vir die maan, veral as jy ’n rukkie van die werk af kan wegglip. Kyk na jou skedule en stel dalk iets uit.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Vandag se sterre aktiveer jou hoek vir werk en gesondheid. Soms beteken dit jy beseer jouself by die werk, maar meer dikwels dui dit daarop dat iemand hulself beseer en jy die ekstra werklas moet dra.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Die eerste kwartier van die maan in jou hoek vir liefde en romanse bring romantiese gedagtes en later romantiese optrede mee. Al wat jy nou nodig het, is die tyd om dinge vir jou te laat werk en dan die regte romantiese atmosfeer.