STERRE met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Dit sal ’n spesiale jaar wees. Jy sal nuwe en ongewone ervarings hê. Wanneer jy ongewone mense ontmoet, sal jy jou in situasies bevind wat gewoonlik buite jou bereik is.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Die sterre bring algemene sukses en verhoogde status vir hierdie persone. Dis die resultaat van hul eie pogings. Hulle is harde werkers en sal nie tou opgooi voor ’n taak volmaak afgehandel is nie. Hulle is opreg, bedagsaam en metodies.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Dit lyk of daar vertragings en ongemak sal wees wat verband hou met mense of omstandighede wat ver is. As jy dit oorweeg om ’n reisbespreking te doen, wag tot môre om vertragings te vermy.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Daar sal onverwagte uitgawes wees wat moontlik met grond of eiendom verband hou. Wel, hierdie uitgawes behoort nie onverwags te wees nie, want grond of eiendom kos altyd op die een of ander manier geld.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Dit lyk of jy tyd saam met oumense deurbring. Dalk besoek jy familie, want daar is ’n verjaardag of ’n soort herdenking. Die goeie nuus is, daar is goeie sterre vir besoeke, veral as jy by die ouer garde gaan kuier.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jy sal ekstra werkverantwoordelikhede kry, maar die ergste is, dit sal vertragings en ongemak teweegbring wat na ander gebiede van jou lewe uitkring. Dit lyk asof iemand net glad nie kan verstaan wat aangaan nie.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Die klem van op die liefde en romanse. Ek kan nie sê jy is opgetoë hiermee nie, maar jy dink ernstig oor waar jy met sekere mense staan. Sake waarmee jy vandag begin, sal blywend wees.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Iets eindig. Die planeet wat hier betrokke is, is Saturnus en waar Saturnus is, is altyd oponthoude. Die vraag is: Is die vertragings verby of is dit op die nog oomblik aan die gebeur?

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

As jy enige kort reise onderneem, en met jou huidige sterre is dit baie moontlik, kan jy vertragings en ongerief verwag. Dikwels is die oorsaak van die vertragings padtekens of beperkende padwerk.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Geld is op pad, maar daar is vertragings. Die vraag is: Is die vertragings verby of sal dit binnekort kom? Dis nie uit die sterre duidelik watter een dit is nie en jy sal dit maar self moet uitvind.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Dikwels bring die sterre wat jy vandag het, ongesteldheid. Dis nie ernstig nie, maar dit breek jou spoed en laat jou wens jy was liewer tuis besig om ’n DVD te kyk.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Dit lyk asof iemand om die een of ander rede vasbeslote is om ou koeie uit die sloot te grawe. Dis gewoonlik nie ’n probleem nie, maar hierdie keer konsentreer die persoon op voorvalle wat jou dom laat lyk.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy het goeie sterre om tyd deur te bring saam met vriende wat al lank ’n rol in jou lewe speel en om op die hoogte van die nuus te kom. Ek sien geen ware probleme nie; jy sal met vreugde terugdink aan die verlede.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Jy sal ekstra verantwoordelikheid moet aanvaar, waarskynlik by die werk. Gewoonlik maak bykomende verantwoordelikheid jou nie bekommerd nie. Dis die Vis se lot om na mense om te sien, maar vandag wil jy net ontspan en die lewe geniet.