Vandag se sterre met Arthur Bowman.

VERJAARDAGVERSLAG:

Goeie sterre skyn vanjaar na jou kant toe. As jy in ’n sekere hoë posisie belangstel, is dit nou die tyd om alles in te sit om dit te kry. Die geluksgodin en Venus, godin van die liefde, sal heeltyd by jou wees.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone sal aantreklik wees en ’n aangename persoonlikheid hê. Hulle word omring deur baie vriende en kollegas en die meeste van dié mense sal tot die einde toe lojaal wees. Hulle sal baie gelukkig en talentvol wees. Hulle stel in die kunste belang en is vaardig op een kunsgebied.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jy nader die einde van iets. Dit het waarskynlik met geld te doen. Dis ’n einde wat lankal moes aangebreek het en jy sal dus nie beïndruk wees nie. Gaan saam met die stroom en geniet die voordele.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy is in voeling met die mense na aan jou. Gewoonlik is die mense wat deur jou huidige sterre aangedui word familie of bure, maar meestal is dit familie. Dis ’n tyd om te luister en dinge ter harte te neem, maar jy moet min sê.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jou geldsake is uitgesorteer en jy hoef jou dus nie daaroor te bekommer nie. Verkeerd! Die sterre wat jy vandag het, dui daarop dat jy ’n paar uitgawes misgekyk het. Dis dalk wys om weer na alles te kyk.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Jy het die einde van die week bereik en dis hoe jy daarvan hou, maar ’n nuwe taak kom na jou kant toe. Die goeie nuus is jy vind die nuwe taak uitdagend.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Dis Vrydag en tyd om dinge stadiger te vat en rustiger te word vir die naweek. Ongelukkig dui die sterre daarop dat iemand ’n fout begaan het en jy moet regstel wat verkeerd geloop het. Dit beteken jy kan vanmiddag laat werk.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Iets wat jy wou hê, gebeur. Dis niks groots nie, maar dis lekker wanneer dinge vir jou in plek val soos vandag die geval is. Dit beteken nie jy kan skiet gee en sake hul eie gang laat gaan nie.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Dit sou lekker wees om te kon sê jy sal bevordering kry, maar jou sterre is nie sterk genoeg dat dit ’n permanente bevordering kan wees nie. Hulle is nie eens sterk genoeg vir ’n tydelike een nie, maar kan meebring dat jy vir iemand instaan.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Daar is goeie sterre vir oorsese sake. Dit beteken jy het goeie sterre vir reis en om mense op ver plekke te kontak. Dis selfs ’n goeie tyd om oorsese reise te beplan.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Vandag is daar nog uitgawes. Jy het die uitgawes min of meer verwag, maar dit maak hulle nie kleiner of makliker om te betaal nie. Soms lyk dit asof jy al jou geld moet uitgee. Dis ontmoedigend, nè?

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Dis ’n goeie dag om saam met mense te werk. Jy het hierdie sterre nou al ’n paar dae en is waarskynlik gewoond daaraan om saam met mense te werk en die werklas en lof te deel.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

As jy olik voel, kan jy jou sterre blameer. Dikwels gebeur dit weens iets waarvan jy te veel geëet of gedrink het, maar vandag is dit anders. Kan dit wees dat ’n verkoue op pad is?

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Jy het vandag uitsonderlik goeie sterre. Liefde en toegeneentheid kom na jou kant toe en jy wys liefde en toegeneentheid jeens iemand spesiaals. Hoe kan jy dit tot jou voordeel aanwend?