Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar is daar goeie omstandighede vir materiële vooruitgang. Jy kan moontlik groot wen, maar die vooruitgang sal meestal danksy harde werk wees en geleenthede wat jy aangryp. Jy onderteken belangrike dokumente.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mense het ’n skerp, ondersoekende brein. Hulle kan baie leer en goed onthou. Hulle is baie intens en toegewy aan hul gesin en huissake. Hulle is talentvol en geluk tref hulle – dis ’n baie goeie kombinasie.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Iets uit die verlede haal jou in. Dalk is jy besig om dinge reg of klaar te maak wat verlede week net so gebly het. Dis nie ’n goeie begin vir die week nie, maar dié dinge moet gedoen word – en deeglik daarby.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Vandag gebeur iets wat jy wou hê moes gebeur. Dis nie so groot nie, maar dis iets wat jou bly pla het en dit kan jou dag net beter maak as dit gebeur. Wees net versigtig. Dis nie nou die tyd om beheer te verloor nie.

RAM (Mar. 21 to Apr. 20)

Dit lyk of jy die een is wat die septer swaai, maar dis net ’n illusie. Moet dus nie meegevoer raak nie. Daar is goeie sterre en dit sal eindelik jou plek op die bestuursleer laat verbeter.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

As jy daaraan dink om ’n bietjie weg te gaan, is dit nou die tyd om dit te doen. Natuurlik kan jy nie net jou goed pak en vertrek na ’n ver of oorsese plek nie, maar jy kan daarvoor beplan. Maar aan die ander kant, hoekom kan jy nie net jou goed pak en gaan nie?

TWEELING (May 21 to June 21)

Jy het deurmekaar sterre. Eerstens sal jy met ’n rekening opgeskeep sit wat jy nie wil hê of nou nodig het nie, maar jy dit moet betaal. Dit klink nogal onheilspellend. Maar daar is iets wat daarvoor vergoed – vandag is daar heelwat wat iets vir die oog is.

KREEF (22 Jun. – 23 Jul.)

Jy het goeie sterre vir die huwelik en intieme verhoudings. Hierdie sterre sal ’n spesiale nabyheid teweegbring. Dis iets wat jy nou al ’n rukkie probeer regkry, maar elke keer het iets in jou pad gestaan.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

As jy ’n bietjie olik voel, het dit waarskynlik min of niks te doen met wat jy die naweek gedoen het nie. Natuurlik sal van jou naweek-aktiwiteite jou nie juis help om vandag beter te voel nie, maar die oorsaak van hoe jy voel, is grotendeels jou swak sterre.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Pluto in jou hoek vir liefde en romanse bring heelwat intensiteit op dié gebied in jou lewe. Ongelukkig is dit ’n werkdag. Daar is dus ’n goeie kans dat dit nie vir jou moontlik sal wees om die omstandighede ten volle te benut nie.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Vandag eindig iets en iets begin wat die plek inneem van wat ook al eindig. Omdat dit ’n begin is, is dit belangrik om weg te spring op die manier waarop jy wil voortgaan. Jy sal vandag baie produktief wees.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy stel perke en probeer jou bes om daarby te hou. Ongelukkig is nie almal so vasbeslote en onverstoorbaar soos die Skerpioen nie en jy sal dus daaraan moet werk om mense sover te kry om jou idees te aanvaar.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Dis nodig dat jy kyk wat in jou geldsake aangaan. Jou geld is min en jy moet versigtig wees om jou die verleentheid te spaar dat jou kaart nie aanvaar word nie. Dié dinge gebeur gewoonlik op die ongerieflikste tye.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Pluto in jou teken is ’n aanduiding dat nuwe tendense begin. Dis vir jou baie opwindend omdat die dinge wat vervang word, lankal uitgedien is. Sake begin regtig goed lyk.