Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Dit beloof om een van die mees gebeurtenisvolle jare in ’n dekade of meer te wees. Koop gereeld loterykaartjies en onthou, jy het dit eerste hier gelees. Daar is werklik skitterende omstandighede in die volgende paar maande.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persoon is alles vir almal. Dis iemand wat twee gesprekke op ’n slag kan voer en twee onderwerpe gelyk kan bestudeer, en in albei uitblink. Hulle is dromers, maar laat gebeur dit waaroor hulle droom.

VIS (Feb. 20 to Mrt. 20)

Vandag is die inspirasie sterk – jou verbeelding sal oortyd werk. Ek sê nie al jou idees is uitvoerbaar nie, maar van hulle is en kan jou aansien verhoog.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Iemand het ’n flater begaan wat verleentheid veroorsaak en dit lyk of dit vir ewig gaan duur dat mense daarvan vergeet. Moenie bekommerd wees nie. Ek dink nie jy is die een wat die blaps oorkom nie, maar jy sal geraak word; daarom wil jy hê die stof moet nou gaan lê.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Daar is goeie omstandighede vir kunstige goed, maar jy is te prakties vir sulke dinge. Jy soek dus praktiese oplossings vir probleme wat om die een of ander rede opsygeskuif is.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Jy het goeie sterre vir vooruitgang by die werk, maar as jy die sterre wil benut, sal jy jou teken se uitstekende verbeelding moet gebruik. Moenie bekommerd wees as jou idee nie so prakties is nie.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jou tyd word weer in beslag geneem deur wat regverdig is en wat op bedrog neerkom. Ek weet jy raak ontsteld wanneer jy sulke kullery sien, maar ontsteltenis hou nie vir jou of enigiemand anders voordeel in nie.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jou geldsake raak weer aan die rooi en nou is daar ’n rekening wat dit verder in die minus laat gaan. Moenie bekommerd wees nie, alles sal regkom en die kat sal weer op sy voete land.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Dit lyk of vandag se sterre ’n misleidende faktor meebring. Dit maak vandag ’n slegte tyd vir besluite, veral daardie besluite wat jou en die mense om jou vir ’n tyd lank sal raak.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Daar is bedrieglike omstandighede wat werk behels of die mense saam met wie jy werk. Iemand gaan roekeloos om met die waarheid en dit lyk of jy aan die ontvangkant is van dit wat weens hierdie leuens gebeur.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy het absoluut betowerende sterre vir die liefde. Terwyl jy hierdie sterre het, moet jy jou bes doen om iets vir die namiddag of vanaand te reël. Hierdie sterre gaan dikwels gepaard met die begin van ’n swangerskap.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Daar word nie dikwels gesê dat die Boogskutter maklik geflous word nie, maar wanneer jy jou huidige sterre het, kan iemand Tafelberg of enige openbare struktuur aan jou verkoop. Onthou dit wanneer iemand vir jou stories spin.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Met jou huidige sterre sal jy hard probeer om mense van jou integriteit en goeie bedoelings te oortuig. Dis ’n onverstandige taak, want as die dinge wat jy in die verlede gedoen het nie nou namens jou praat nie, sal niks nie.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Daar is ’n aanduiding van geldprobleme. Dis niks groots nie, maar dié probleme sal jou laat kopkrap, want jy het gedink jy het dit uitgesorteer en dis afgehandel. Party dinge verdwyn nie.