JOU DAG

Jy het goeie sterre om nuuskierigheid en goeie werksetiek te kombineer.

AS JY VANDAG VERJAAR

Die volgende 12 maande is dit tyd om balans te vind tussen jou onafhanklikheid en die feit dat jy deel is van ’n verhouding. Enkellopendes kan by ’n amoreuse Ram of avontuurlustige Waterdraer liefde vind.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Dit sal jou nêrens bring om stryerig te wees nie. Dis tyd om vinnig af te koel en te kalmeer. Oefen die kuns van oorreding en jy sal verras wees oor hoe ver dit jou vat.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Met Saturnus wat deur jou verhoudingsone beweeg, moet jy ’n moeilike kwessie met ’n geliefde bespreek. Speel oop karate terwyl jy ’n praktiese oplossing wat albei pas probeer bereik.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Vandag is die perfekte tyd om sake af te handel omdat praktiese Saturnus jou help om sake tot in die fynste besonderhede te beheer en Mercurius jou help om verskillende take op een slag te hanteer. Moenie die geleentheid vermors om superproduktief te wees nie.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Probeer om met passie en selfvertroue te sê hoe jy voel. Maar probeer groot geldskuiwe vermy omdat jy ongeduldig is en die huidige geldsituasie dalk nie duidelik sien nie.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jy is gretig om kreatiewe projekte of sport- of buitelugaktiwiteite aan te pak. Hoe meer avontuurlustig jy is hoe meer pret sal jy hê. Maar hanteer ’n vriend versigtig omdat Venus nog op sy agteruitroete is.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Waarom so haastig? Ander hardloop rond, maar jy voel nie dis nodig om so haastig te wees nie. Jy is wakker mens en ’n stadige pas pas jou goed omdat jy aan klein besonderhede aandag gee.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Die maan is in jou sone vir huishoudelike sake en dit maak die MasterChef in jou wakker. Jy beplan om binnekort ’n gasieuse gasheer of gasvrou te wees. Fokus vandag op ’n geliefde wat jou ondersteuning nodig het.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Wees proaktief om die toekoms te skep wat jy wil hê terwyl Jupiter deur jou sone vir hoop en wense beweeg. Fokus jou energie op moontlike projekte wat jou hart laat sing.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Jy is vol vurige entoesiasme, maar moenie tot vinnige gevolgtrekkings kom nie – maak eers seker van die feite. Impulsiewe gedrag nou kan later tot onvoorsiene probleme lei.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Moenie al jou hoop op jou werk vestig nie. Professionele sukses is goed, maar nie as dit ten koste van jou geestesgesondheid is nie. Maak genoeg tyd vir rus, ontspanning en sosiale aktiwiteite.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Vandag se sterre belig jou loopbaan of werkvooruitsigte. Begin om jouself na waarde te skat. Dis tyd om te wys jy kan stres en bykomende verantwoordelikhede hanteer.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Visse wat aanhou uitstel, kan besluiteloos wees en feite met fantasie verwar. As jy vandag kwessies vermy, sal dit uit jou hande geneem word en ander sal die besluite namens jou neem.