Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG

Vanjaar is die begin van ’n nuwe lewensfase. Dit is ’n belangrike tyd, ’n tyd waarin jou toekomsrigting bepaal word. Dis taamlik ongewoon dat jy nie beplan nie en jou mond verbrand soos ’n haastige hond.

BABAS WAT VANDAG GEBORE IS

Hulle het baie talent en is vol ambisie; dis ’n dinamiese kombinasie. Dié babas gaan gewis suksesvol wees. Hulle gaan dalk nie wêreldberoemd wees nie, maar gaan taamlik bekend wees. Hulle is ’n gelukkige siel.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Vandag se nuwemaan bring ’n paar veranderinge. Dit gaan meestal geleidelik gebeur – oor ’n tydperk van drie tot vier weke – maar wanneer jy terugkyk, gaan jy sien dit het vandag posgevat en die veranderinge het gevolg.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Daar gaan ’n paar groot geldbekommernisse wees. Gewoonlik bring vandag se sterre kommer oor of jy onwys gekoop het of iets waar jy jou begroting moet herdink en jou afbetalings moet nagaan.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy gaan vandag sukkel om te kies. Jy is gewoonlik seker van jou saak; hierdie besluiteloosheid is nuut en ietwat ontstellend vir jou. Skryf die voor- en nadele neer en kyk daarna voor jy besluit.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Die verlede gaan bespreek word. Dikwels haal vandag se sterre iets op wat nie werklik gebeur het nie. Dit is nie ’n probleem nie, maar die meeste mense is geneig om die ergste te glo. Dit is tyd om daardie Boogskutter-intelligensie in te span.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Wees versigtig met vriende en kollegas. Met sulke sterre gaan iemand iets sê wat nie so vleiend is nie of dalk smaakloos is, en jy is in die middel vasgevang. Dit is ’n tyd vir diplomasie.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Dit is ’n besige dag. Projekte wat al lank gelede, dalk selfs ’n maand gelede, afgehandel moes wees, duik op en jy gaan moet sukkel om dit aan die gang te kry. Kom ons kyk hoe vindingryk die Waterdraer kan wees.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Die nuwemaan in jou hoek vir die huwelik en intimiteit gaan liefde en toegeneentheid op jou pad plaas, en jou sensitiewe aard gaan veroorsaak dat jy dit nooit sal kan weier nie. Daar is ’n nuwe begin in hierdie deel van jou lewe.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Werksake gaan kommer bring. Dit is meestal omdat daar van jou verwag gaan word om nuwe roetines aan te leer en met jou gewone panache te aanvaar. Gewoonlik is dit nie ’n probleem nie, maar hierdie veranderde roetine is ’n bietjie te nuut.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Wat ’n jammerte dat dit nie naweek is nie, want jou sterre lyk wonderlik vir romanse. Gelukkig geld hierdie sterre heeldag; as jy dus iets vir die aand kan reël, lyk jou sterre steeds goed vir liefde.

TWEELING (21 Mei.-21 Jun.)

Iets eindig vandag, maar die einde word verwelkom; dit is iets wat jy al ’n ruk reël. Dit het dalk te doen met die een of ander soort reis of vervoer en die een of ander soort hernuwing.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Die sterre lyk goed vir kort reise. Dis goed so, want jy gaan hierdie reise moet onderneem of jy daarvan hou of nie. Gebruik hierdie stemming om van die dinge te kry wat jy wil hê. Wees net diskreet.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jou geldsake kort aandag. Dit beteken nie bankrotskap staar jou in die gesig nie, maar daar is minder spaargeld in die bank as wat jy gedink het en jy moet aanpas daarby. Kyk net, moenie koop nie.