Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Dis ’n belangrike jaar. Dis ’n tyd waarin jy na jou lewe kyk en jou afvra of jy op pad is in die rigting waarin jy wil gaan en of jou aandag afgetrek is en dit nodig is dat jy alles weer op koers kry vir sukses.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persoon is nogal ’n dromer, maar meer as dit: Hulle sal raaksien wat gedoen moet word om hierdie drome waar te maak en dit doen. Hulle is miskien soms ’n bietjie te intens, maar meestal is hulle baie realisties en vriendelik.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Geldsake is altyd belangrik, maar vandag lyk dit selfs meer so. Gelukkig is dit meestal net in jou kop. As jy dus ontspan en Gods water oor Gods akker laat loop, sal die krisis – as jy dit so kan noem – gou oorwaai.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Daar is sake wat uitgestryk moet word en jy sal nie baie hulp van die mense om jou kry nie. Dink liewer vir jouself en tree op op grond van jou eie goeie oordeel. Dink twee maal na voor jy optree.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Iemand blindelings in en natuurlik laat hulle ’n spoor van verwoesting na. Raai wie sal afgevaardig word om die chaos reg te stel? Korrek! Al wat jy nodig het, is tyd dit goed te oordink.

VIS (20 Feb. 20-20 Mrt.)

Dit is ’n goeie tyd om saam met vriende en kollegas te wees. Daar kan die een of ander sosiale byeenkoms wees waar almal gelukkig en vrolik is. Ongelukkig kan daar een of twee wees wat jy diplomaties en ferm sal moet benader.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Die een of ander soort spanning laai op. Dit lyk of die spanning kom van ’n voorval ’n maand of wat terug. Die laaste keer dat jy sake uitgestryk het, het jy dit blykbaar nie behoorlik gedoen nie. Doen dit nou permanent.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Vandag bring ’n goeie atmosfeer mee. Daar sal kontak met verafgeleë plekke wees. Vir sommige Bulle sal dit ’n reis na ’n verre bestemming beteken. Daar is ook goeie sterre vir godsdienssake, soos troues en doopplegtighede.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Jy moet na versekeringsake kyk. Dit is nie dat jy nodig het om ’n eis in te stel nie; dis ’n geval van Murphy se wet. As jy dekking het, sal jy dit waarskynlik nooit nodig hê nie. Maar om nie dekking te hê nie, kan ’n heel ander saak wees.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Vandag bring kontak met groot groepe en ’n behoefte aan hulp van iemand naby. Om as ’n span saam te werk, al bestaan die span uit net twee, kan baie bevredigend wees en goeie gevolge hê.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Daar sal gesondheidsprobleempies wees. Dis moeilik om te sê presies watter probleme, maar omdat jy ’n Leeu is, kan jy maklik probleme met jou rug of sye ervaar. Soms help dit om in ’n warm bad te lê.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Daar is goeie sterre vir die liefde. Ongelukkig is dit ’n werkdag. Jy sal dit dalk nie regkry om weg te glip om daarby baat te vind nie. Vir die Maagde met meer geluk sal hierdie sterre vanaand steeds werk, maar vir die meeste sal hulle dan al vervaag het.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Vandag eindig iets. Jy kyk dalk daarna en raak ontsteld, maar as jy, soos ’n ware Weegskaal, alles stil beskou, sal jy sorg dié einde strek tot jou voordeel.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy sal baie rondhardloop. Dit is meestal om iets skaars in die hande te kry. Is dit nie altyd so nie? Die dinge wat jy nie wil hê nie is in oorvloed, maar dit wat jy wil hê, is skaars.