Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Die jaar hou nie veel meer as harde werk en lang ure in nie. Die enigste goeie uitvloeisel hiervan is dat jy die leer klim. Jy word nie juis vir jou harde werk vergoed nie, maar sal hierdie tyd later waardeer. Gebruik jou gesonde verstand.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone is klein vegters. Hulle streef die heeltyd na volmaaktheid, selfs al weet hulle volmaaktheid is net ’n fantasie. Hulle vaar goed in die lewe, maar net deur lang en harde werk.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Jy het planne, maar weens iemand se swak tydsberekening sal hierdie planne nie uitgevoer kan word nie. Ek wed jou jy het nie ’n plan B nie. Dit lyk asof jy hierdie een maar deur jou vingers moet laat glip.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Daar is reisvertraings. Vir party beteken dit hulle kom laat by die werk weens vertragings op pad en vir ander dui dit op oponthoude by die werk omdat mense nie gedoen het wat vir hulle gevra is nie of wat hulle al laas week moes doen nie.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy probeer om iets te laat gebeur, maar dit sal nie gebeur nie. Die rede hiervoor is die een of ander soort ongelykheid wat energievloei verhinder. Jy sal maar net moet doen wat jy kan en die res aan die noodlot oorlaat.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Dis die begin van ’n nuwe week en jy voel dis ’n goeie idee om die gemors wat van laas week oorgebly het op te ruim. Dis ’n goeie idee, maar soos die geval met baie goeie idees is, is dit ’n heel ander storie om dit in werking te stel.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Daar is dinge wat jy wil doen, maar dit lyk of jy om elke hoek en draai verhinder word. Daar is nie veel wat jy aan die oponthoude kan doen nie behalwe om op jou tande te byt en jou bes te doen om dit te laat gebeur.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Vandag is jy oor geld bekommerd. Vir ’n verandering is jy nie bekommerd dat jy nie genoeg geld het nie, al ken jy dié gevoel goed. Dit duur lank voor jy geld ontvang en die boeke kan laat klop.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Wie kan jou blameer dat jy dalk al van die begin van vandag af knorrig voel? Dis die begin van nog ’n week en al die werkdae lê nog voor. Dis weer dieselfde ou siklus van geld verdien om te leef en leef om geld te verdien.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Dis ’n heel nuwe week en jy voel opgewek en vrolik, gereed om die week aan te pak, maar dan haal iemand foute op wat jy ’n ruk gelede begaan het. Het jy gedink hulle gaan dit net daar laat?

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Die omstandighede is goed om tyd saam met vriende en kollegas deur te bring, veral mense ouer as jy. Dis een van daardie tye dat dit lonend sal wees om te luister na wat hierdie mense sê, want hulle is al daardeur en het dit al gedoen.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Dit lyk of jy besig is met take wat nie deel van jou gewone werk is nie. Dit behels ekstra verantwoordelikhede, maar dis geen probleem nie. Die Vis is gewoond daaraan om vir party mense verantwoordelik te wees.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Dis nie ’n goeie tyd vir reis nie. As jy lang reise wat vir vandag beplan is kan uitstel, doen dit. Andersins sal jy vertragings en heelwat ongerief moet hanteer wat jy waarskynlik nie kon voorsien nie.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy sal ’n rekening kry wat jy nie verwag het nie. Wel, dis dalk nie heeltemal waar nie – jy het dit waarskynlikverwag, maar het dit in jou gedagtes opsygeskuif. Nog verwarring word veroorsaak wanneer iemand laat is en jy vir hulle moet wag.