Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar se sterre sal probleme meebring weens misverstande en onbedagsame optrede of opmerkings. Dink voor jy praat en dink twee keer voor jy optree. Dis ’n goeie jaar vir materiële vooruitgang en rykdom.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone is opreg, energiek en lojaal. Dis goed om hulle by jou te hê wanneer jy gespanne is, want hulle sal empatie met jou kan hê. Hulle sal wins maak uit spekulasie en produkte uit die grond.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Ek hoop nie jy beplan om vandag op een plek te sit nie, want dit sal nie gebeur nie. Vir ’n groot deel van die dag sal jy hier, daar en oraloor wees. Jy sal meestal met takies vir verskeie mense besig wees.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Hou jou besteding dop. Jy sal binnekort rekeninge ontvang en as jy nou baie geld uitgee, sal jy nie genoeg hê om dit te vereffen nie. Wat maak dit saak? Dis pret om jou af en toe vrye teuels te gee, of hoe?

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Iets begin vandag. Gewoonlik dui hierdie sterre op die begin van ’n werkprojek, maar natuurlik kan die begin op enige lewensgebied wees. Die goeie nuus is, alles vlot en die dag eindig goed.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Die hoogtepunt vandag is jy maak iemand se foute reg. Dis nie juis ’n wafferse hoogtepunt nie, maar iemand moet. Elke keer dat jy in dié soort situasie beland, verbeter jou aansien. Dit het dus ’n goeie kant.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Dis ’n goeie tyd om saam met vriende of kollegas te wees. Wanneer jy hierdie sterre het, is daar gewoonlik ’n soort geselligheid. Dis moontlik dat iemand weggaan of dalk is dit ’n verjaardagsamekoms en iemand bring ’n koek.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Daar is goeie sterre vir jou algehele aansien. Dit lyk nie asof hierdie sterre jou naam op die voorblad sal laat beland nie, maar jy sal mooi komplimente van mense om jou kry. Probeer hulle met jou nederigheid beïndruk.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Die maan in jou negende hoek laat jou dink aan plekke ver van hier. Gewoonlik sal dit plekke oor diep water wees wat jy graag wil besoek. Jy sal ook dink oor geloof en godsdienstige seremonies.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Net toe jy begin dink jou geldsake is onder beheer, kom daar ’n paar rekeninge wat jy nie kan vermy nie. Dis waarskynlik rekeninge wat jy gereeld of dalk jaarliks kry.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Daar is goeie sterre vir die huwelik en intieme verhoudings. Hierdie sterre bring die geleentheid vir intieme oomblikke mee, maar natuurlik sal jy reëlings moet tref om ’n rukkie van die werk af weg te glip en dit sal nie so maklik wees nie.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

As jy ’n bietjie olik voel, verkwalik jou sterre. Hierdie sterre bring meestal ’n gebrek aan lewenskragtigheid. Jy wil net alleen gelaat word sodat jy in die bed kan opkrul terwyl die lewe aangaan. Ongelukkig kan jy dit nie so reël nie.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Dis ’n goeie tyd vir romanse, maar nie goed genoeg dat jy die hele dag passievolle omhelsings sal geniet nie. Dit bly ’n lekker gedagte, nè? Vandag is daar kontak met ouers van babas. Dis aangenaam wanneer hulle by jou kuier, maar beter wanneer hulle vertrek.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Jy oorweeg dit om ’n projek te eindig, maar jy dink al ’n ruk lank hieroor na. Elke keer dat jy besluit jy gaan iets daaromtrent doen, besef jy dit sal te ontwrigtend wees en dan doen jy niks nie.