Wat jou sterre voorspel met Arthur Bowman.

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar is die omstandighede goed vir vooruitgang. Jy sal nie aan die einde van die jaar skatryk wees nie, maar jy sal baie goed vaar en ’n paar trappies op die leer klim. Jy besluit om jou werksplanne verreikend te verander.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone het ’n skerp verstand. Hulle is vlug van begip en het ’n goeie geheue. Hulle is effens te intens vir hul eie beswil, maar sal goed vaar in hul werk of besigheid. Hulle stel belang in literatuur en moontlik wiskunde.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Daar is aanduidings dat iets gaan eindig. Dis waarskynlik ’n werksprojek wat eindig voor die week se einde, want jy was of meer doeltreffend as wat jy gedink het of sake het vanself in plek geval.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Vandag hardloop jy baie rond. Wanneer ek hierdie sterre op ’n Donderdag sien, dink ek gewoonlik aan ’n rondhardlopery om ’n spesiale taak af te handel en die week op ’n hoë noot af te sluit. Dis moontlik wat met jou gebeur.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jy moet jou geldsake bekyk. Die naweek hou spesiale uitgawes in en jy sal ekstra kontant nodig hê. Ek weet jy het alles beplan, maar jy weet sake kan steeds verkeerd loop selfs al is dit tot in die fynste besonderhede beplan.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Vandag bring ’n nuwe begin mee. Dis ’n goeie ding, want jy het die hele dag en môre om seker te maak jy kry van die probleme uitgestryk sodat volgende week rustig kan wees. Sit skouer aan die wiel en handel die take af.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy is besig met werk wat jy voorheen gedoen het. Dikwels dui die sterre wat jy vandag het daarop dat jy werk wat jy gedoen het, kontroleer. Omdat dit nie reg uitgewerk het nie moet jy dit oordoen. Jy haat dit.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Die omstandighede is goed om tyd saam met vriende en kollegas deur te bring. Die sterre sal ook iets meebring wat jy graag wil hê. Dis niks groots nie, maar soms kan dit nogal ’n groot bohaai veroorsaak wanneer klein dinge uitwerk. Maak dus vandag vir ’n bohaai gereed.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Die maan is in jou tiende hoek. Dit bring soms ’n bevordering mee, maar meer dikwels dui dit op ’n situasie waar jy verwag het om oor te neem en seker maak alles word behoorlik gedoen. Dis ’n moeilike dag.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Wees versigtig as jy in ’n gesprek oor godsdiens of politiek betrokke raak. Dis moeilike onderwerpe en jy kan verstrengel raak in die kinderagtige redenasies. Dit is dit beslis nie werd nie.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Jy sal ’n prettige dag hê al het jy ekstra werk. Jy is vandag op ’n plek waar jy dit wat om jou is kan bewonder, en ek praat nie van ’n mooi landskap nie. Vandag moet jy sake net bekyk, maar niks daaraan doen nie.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Daar is goeie omstandighede om saam met ’n groep te wees. Jou sterre dui daarop dat jy met ’n maat saamwerk of minstens lid van ’n groep word. Hou dit in gedagte en moenie op jou eie probeer wees nie, veral nie op ’n onbekende gebied nie.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Vandag is die omstandighede goed om met werksake te vorder. Jy kry kans om weer te dink oor van die planne wat jy vir volgende week gemaak het. Gelukkig is daar ook nog môre om die nodige veranderinge te maak.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Soms kan die sterre wat jy het meebring dat jy op klein skaal wen. As dit gebeur, sal jy iets kleins wen – dit is beslis nie ’n rede om vir iets groots te mik nie. Die sterre is ook goed vir liefde en romanse. Jy kry moontlik nuus van ’n geboorte.