Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Daar sal vanjaar veranderinge wees wanneer jy rondkyk en besluit om van die ou hout in jou lewe ontslae te raak. Dis ’n jaar waarin jy met meer as een persoon se werk besig is, maar geen ekstra betaling kry nie. ’n Vrou veroorsaak probleme.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone is simpatiek, wys en eerbaar. Hulle is baie opreg en eerlik. Daar is goeie sterre vir liefde en vriendskap met waarskynlik een ware liefde wat hul lewe lank sal hou. Hulle sal ryk aftree.

VIS (20 Febr.-20 Mrt.)

Daar is goeie sterre vir geldsake. Hierdie sterre is gewoonlik in die omgewing wanneer teruggehoue besoldiging betaal of toegeken word. Meestal word dit net toegeken en nog nie betaal nie, maar dis goed om te weet daar sal binnekort ’n bonus wees.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Daar is uitstekende sterre vir reis. Hierdie sterre dui gewoonlik op lang afstande, maar soms kan dit verwys na korterige reise waartydens jy besoek aflê by familie of mense wat eens na aan jou was.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Iets uit die verlede kom terug en veroorsaak probleme. Dit kos jou geld – nie baie nie, maar dit sal irriterend wees, want jy het gedink die saak is oor en verby. Sommige dinge is nooit regtig afgehandel nie.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Daar is goeie sterre vir aktiwiteite wat vriende en maats insluit. Vir party beteken dit jy werk saam met ’n maat en julle vorm ’n span. Kan dit ’n tenniswedstryd of ’n ander soortgelyke stryd wees? Dit klink na pret.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Soms bring die sterre wat jy vandag het ’n soort bevordering. Dis waarskynlik slegs tydelik omdat iemand siek is en jy vir hulle moet instaan. Dis iets wat jy baie goed doen.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy het uitstekende sterre. Hierdie sterre bring liefde en toegeneentheid van ver. Vir party beteken dit hulle ontmoet iemand van ver en daar is onmiddellik ’n band van die verstand en die gees. Dit klink so romanties.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Nes Walter Mitty het jy fantasieë om waagmoedige dinge te doen of ’n aantreklike persoon te bekoor, maar hierdie fantasieë lei tot niks. Dit bly lekker om jou verbeelding af en toe vrye teuels te gee.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Daar is vandag goeie sterre. Hierdie sterre bring liefde en toegeneentheid van familielede en terselfdertyd goeie omstandighede vir jou huwelik of intieme verhouding mee. Dit lyk ook of jy kort reise onderneem en boodskappe oordra.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Vandag is die kosmiese fokus op geldsake en werk. Die planete wat hier betrokke is, is nie goed saam nie. Dit is dus moontlik dat jou salaris gesny kan word. Dis nie duidelik hoe dit sal gebeur nie, maar jy sal nie beïndruk wees nie.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Die liefde en romanse heers. Wel, dit sou goed wees as hulle kon, maar jou sterre bring hindernisse en probleme mee. Jy sal dalk jou planne vir ’n lekker namiddag of aand moet hersien.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Eindelik begrawe jy iets van die verlede. Hoe jy dit doen of hoekom, is nie duidelik nie, maar jy sal glad nie beïndruk wees met hoe sekere mense aanhou om foute in die verlede en gebeure wat glad nie snaaks is nie, op te rakel.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Iets wat jy wou hê, gebeur. Dis nie so ’n groot ding nie, maar dis lekker dat dinge uitwerk al moet jy die meeste van die werk self doen. Vandag is daar kommunikasieprobleme wat baie geduld vereis.