JOU DAG

Doen vandag jou bes om die wêreld ’n beter plek te maak.

AS JY VANDAG VERJAAR

Ander voel aangetrokke tot jou flambojantheid en aardse sensualiteit. Die volgende 12 maande is dit tyd om balans tussen jou persoonlike en professionele lewe te vind.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jupiter beweeg deur jou werksone en dus is dit ’n goeie tyd om saam met kollegas te kuier wat gulhartig, prettig en modebewus is. Benader ’n moeilike tiener of vriend versigtig.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Met Venus wat agteruit deur jou sone vir huishoudelike sake beweeg, moet jy meer doen om harmonie en geluk in jou huis te bewerkstellig. Dit gee jou ’n warm gevoel in jou binneste om vir jou geliefdes te sorg.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Die Tweeling hou van baie praat, maar doen vandag moeite om goed te luister na wat ander sê. Die skrywer Truman Capote het gesê: “’n Gesprek is ’n dialoog, nie ’n monoloog nie.”

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Jy het vandag goeie sterre om proaktief oor jou gevoelens te wees en te sê wat jy regtig dink . . . op ’n versigtige manier. Wees veral diplomaties teenoor ’n luidrugtige familielid of buurman.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Venus is steeds op sy agteruit-roete deur jou teken en dit moedig jou aan om jou verhoudings en fisieke voorkoms te herwaardeer, maar moenie enige veranderinge tot ná 6 September maak nie.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Jupiter beweeg deur jou teken tot September volgende jaar. Benut die vurige energie-huptsoot wat dit bied so goed jy kan. Selfvertroue sal jou ver bring!

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Jy is in die bui vir flankeer en verstom mense met jou grasie en styl. Maar omdat Venus agteruigbeweeg tot 6 September moet jy die mense met wie jy flankeer versigtig kies.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Dink jy baie oor geldsake? Hou op om bekommerd te wees en doen iets daaromtrent. Hoe meer proaktief jy is om jou kontantvloei te verbeter hoe meer suksesvol sal jy wees.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Met Mars wat tot 25 September deur jou sone vir avontuur beweeg, is daar ’n fyn lyn tussen proaktief wees en eenvoudig voorbarig wees. Probeer om bedagsaam en behulpsaam te wees.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Jy is tans baie bewus van groepswaardes. Julle kan almal kry wat julle wil hê as julle beheer neem van die situasie om wen-wen oplossings vir probleme te vind. Dit neem meer tyd, maar sal die moeite werd wees.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Brei jou kennisbasis uit – dit sal jou wêreld verbreed, maar moenie sogenaamde feite sommer net as die waarheid aanvaar nie. Doen navorsing en kyk wat regtig onder die oppervlak aangaan.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

’n Romantiese verhouding sal geleidelik verbeter as jy jou vooropgestelde idees opsyskuif en dit ’n kans gun. Enkellopendes kan liefde soek by ’n veelsydige Maagd of ’n sexy Skerpioen.