Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG

Daar wag ’n paar struikelblokke. Hierdie probleempies gaan situasies skep waarin jy meer takt moet gebruik as wat van ’n Maagd verwag kan word. Jy doen ’n paar interessante ontdekkings.

BABAS WAT VANDAG GEBORE IS

Hulle gaan briljant op ’n sekere gebied wees, dalk wetenskap, elektronika of fisika. Hulle gaan hard werk en ’n byna fotografiese geheue hê. Hulle gaan ’n bietjie buiteaards wees en gaan dus ’n sterk, wyse maat nodig het.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Dit is een van daardie dae dat jy regtig rustiger moet wees. Jy gaan lomp wees met daardie takies wat jy gewoonlik lag-lag afhandel. Ruim vanaand tyd in om foute reg te stel.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Iets gebeur wat jy graag wou hê. Dit is nie iets groots nie, maar dit is iets wat jy begin dink het net met gelukkige mense gebeur, en jy ag jou nie so gelukkig nie. ’n Vriend sit hand by met iets.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Vir ’n groot deel van die dag gaan jy staan en toekyk hoe sekere mense ’n gek van hulleself maak, en dan staan jy nader en handel dit reg af. Hulle moes jou uit die staanspoor gevra het, maar nou ja.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jy dink aan reis en wegkom. Ek sien nie dat dit gebeur nie, maar jou hart en verstand gaan elders wees, wat jou kwesbaar maak vir dom foute en die gepaardgaande gevolge.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Vandag bring ’n paar onverwagte uitgawes. Dikwels bring vandag se sterre uitgawes met reis of vervoermiddels. Jy gaan waarskynlik nie dié uitgawes heeltemal kan vermy nie, maar jy kan dit so laag moontlik hou.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Dit is een van daardie dae dat jy liefs met ’n vennoot of in ’n groep moet werk. Die probleem met hierdie sterre is dat hulle jou dikwels in die steek laat sonder dat daar iemand is wat kan help wanneer jy hulp nodig het.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Jy wil net êrens op ’n sonnige plek in ’n hangmat gaan lê en lees, verkieslik ’n boek met ’n geskiedkundige onderwerp. Dit gaan waarskynlik nie vandag gebeur nie, maar dis ’n goeie idee, iets waaraan jy kan werk.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Met Venus en Jupiter in jou hoek van liefde en romanse gaan jy die dag op ’n goeie noot begin en die week met ’n glimlag binnegaan. Daar gaan boonop goeie nuus wees oor ’n geboorte of swangerskap.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Dit is die begin van ’n nuwe week en die tyd om die een of ander projek af te sluit. Dit is nie iets groots nie, maar as jy dié projek afhandel, kan jy iets anders begin, iets met die belofte om produktiewer te wees. Dis die moeite werd.

TWEELING (21 Mei.-21 Jun.)

Sommige Maandae trippel jy rond en soms moet jy tuisbly en die week organiseer. Jy verkies gewoonlik laasgenoemde, maar vandeesweek kry jy eersgenoemde. Neem ’n piekniekmandjie saam.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jy moet jou geldsake nagaan. Dit is ’n skraal tyd en as jy te veel met jou plastiekgeld spog, gaan jy eindelik jou limiet oorskry en dan êrens die kontant uitgrawe. Wat ’n verleentheid.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Dit is ’n goeie dag om aan jou voorkoms te werk. Hierdie sterre lyk goed vir klere koop wat jou figuur vlei en jou boonop jonk en koel laat lyk. Waarom wag?