SATERDAG

JOU DAG

Hou styf vas en verwag die onverwagte!

AS JY VANDAG VERJAAR

Hoe meer ongeorganiseerd jy vanjaar is hoe meer gespanne sal jy wees. ’n Gesonde dosis realisme sal jou motiveer en in ’n positiewe, nuwe rigting stuur.

SONDAG

JOU DAG

Saturnus verhinder jou om toegeneentheid te wys.

AS JY VANDAG VERJAAR

Kyk weer na jou doelwitte en drome vir die komende jaar en maak seker hulle is ’n eerlike weerspieëling van die ware jy. Moenie ander met ongevoelige opmerkings ontstel nie.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Rustelose Ram, dit sal maklik wees om ander die naweek met jou skynbare ongeorganiseerdheid te ontstel. Probeer om spontaan en dinamies, eerder as rebels en ontwrigtend te wees.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Die maats van Bulle in ’n verhouding sal hul geduld beproef. Met die liefdesplaneet Venus se terugwaartse gang vir ses weke kan enkellopendes ’n paar terugslae verwag op hul pad om ’n maat te vind.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Die partytjieplaneet Venus beweeg terugwaarts tot 6 September. Jou sosiale kalender sal dus nie so vol soos gewoonlik wees nie. Jy sal liewer klein, intieme kuiers bo groot, lawaaierige partytjies kies.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Venus, die planeet vir liefde en geld, beweeg agteruit. Stel dus besluite oor romanse of die koop van groot items vir die volgende ses weke uit. Wees geduldig en wag.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jy is ongeduldig om take af te handel, maar om dinge vorentoe te dwing sonder om aan die langtermyngevolge te dink, kan jou net in die moeilikheid laat beland. Kalmeer!

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Met Venus wat in jou teken agteruit beweeg, sal dit baie moeilik wees om ander hierdie naweek tevrede te stel. En jy sal self ook nie met jou werk tevrede wees nie. Laat belangrike projekte oorstaan tot ’n later stadium.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Met Venus, jou heersende planeet, wat agteruit beweeg, kan jy die volgende ses weke probleme in jou liefdeslewe verwag. Enkellopende Weegskale sal maar geduldig op ware liefde moet wag.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Dis die beste om sake die naweek nie te presies te beplan nie, want die planne kan op die nippertjie verander. Jy sal plooibaar en aanpasbaar wees eerder as koppig en onversetlik.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Die sterre stook die naweek jou vurigheid en as jy nie versigtig is nie, sal dit baie maklik wees om iets impulsief te sê of doen wat heeltemal onvanpas is.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

As jy ’n gewone naweek verwag, het die planete ander planne. Jou gewone roetine word omvergegooi en jy het heelwat minder tyd vir dinge. Jy sal aanpasbaar moet wees.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Omdat jou heersende planeet Uranus ’n hoek vorm met Mars is jy rebels en ongeduldig. Jy is ook meer geneig tot ongelukke as gewoonlik. Vestadig die pas en wees ekstra versigtig.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Wat geldsake betref is die situasie steeds onvoorspelbaar. Die een oomblik het jy niks geld nie en die volgende het jy! Spaar ’n paar rand vir moeilike tye.