Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Dit sal ’n uitstekende jaar wees, veral wat romanse betref. Vanjaar is ’n mylpaal in jou lewe; alles sal blykbaar gebeur soos jy dit wil hê, en selfs onwelkome gebeure sal eindelik bedekte seëninge wees.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie baba het ongelooflik baie potensiaal. Dit is iemand wat internasionaal bekend kan word. Hulle sal opreg, talentvol, energiek en aanpasbaar wees. Dit is iemand met ambisie en dryfkrag.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Vandag is vir jou belangrik. Dit is die einde van die werkweek en die einde van ’n beproewing. Daar is belangrike toestande wat jy wyslik moet gebruik om soveel moontlik voordeel daaruit te trek.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Iets uit die verlede duik weer op. Dit hoef nie iets leliks te wees nie, maar dit is wel iets wat jy sou verkies het in die verlede en vergete moet bly. Die goeie nuus is, vandag bring die begin van nuwe, opwindende omstandighede.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Vandag moet jy tyd saam met vriende en kollegas deurbring en op hulle steun. So sal jy amper sekerlik iets kry wat jy lankal wou hê, iets baie persoonliks.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Vir baie Waterdraers is vandag die dag waarop drome bewaarheid word. Vir ander sal hierdie drome heel onbelangrik lyk, maar dié sterre se gevolge sal ’n lang ruk nog in jou sake gevoel kan word.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Baie Visse maak reg vir ’n reis en vertrek vandag of môre. Al is jy dalk nie een van hulle nie, is jy steeds in die bui vir ’n reis. Aangesien jy ’n waterteken is, is dit waarskynlik ’n bootrit.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jou sterre vir vandag sal jou behoefte om jou as ’n emosionele wese uit te druk na vore bring. Gelukkig het jy Jupiter in jou hoek van liefde en romanse; dus het jy ’n goeie kans op sukses.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Vandag se sonsverduistering val in jou hoek van die huwelik, intieme verhoudings en vennootskappe. Dit beteken dit is ’n goeie dag om met mense saam te werk of net tyd saam met hulle deur te bring, iets wat die Ram goed kan doen.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

Daar is goeie toestande vir werk. Jy dink dalk hierdie toestande is nie so goed nie, maar later sal jy sien hoe dit meer deure oopmaak as wat dit sluit; dit is ’n oop uitnodiging vir die Tweeling.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jou sterre vir liefde en romanse lyk skouspelagtig. Vir sommige Krewe bring vandag dieselfde toestande wat jy ’n ruk gelede ervaar het, vir party is dit tot 20 jaar gelede. ’n Klein oorwinning is ook ’n moontlikheid.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Die Leeu se kuil is altyd belangrik, maar vandag is dit belangriker as gewoonlik. Dikwels dui vandag se sterre ’n verwydering aan. Vandag se sterre begin die regte reeks gebeure by of by party kom dit tot ’n end.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Vandag bring aksie met familielede. Vir party Maagde is vandag ’n tyd vir beplan en organiseer; jy reël ’n partytjie of die een of ander sosiale geleentheid vir meestal familielede en moontlik bure.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Jou geldsake het aandag nodig. ’n Aansienlike bedrag blyk hier betrokke te wees en jy wil nie foute maak nie. Vandag gaan ook oor materiële besittings. Dalk kry jy ’n spesiale geskenk van iemand.