Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Hierdie jaar is daar ’n gelukkige stemming. Dit sal geen groot oorwinnings teweegbring nie, maar dit kan nie kwaad doen om vir ingeval gereeld ’n Lotto-kaartjie te koop nie. Dis ’n tyd om na nuwe gebiede uit te brei en te beweeg.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone is geneig om ’n bietjie te vrygewig en spontaan te wees. Hulle is baie intelligent en sal goed vaar. Hulle sal baie goeie en lojale vriende wees. Hierdie mense stel belang in die kunste en sal goed vaar in een of meer van hulle.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Vandag is een van daardie dae dat die selfversekerde Boogskutter minder selfvertroue het. Dit sal jou verhinder om verstandige besluite te neem. Dit is dalk ’n goeie idee om jou op ’n Maandag eenkant te hou.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Dit is een van daardie dae dat dit voel asof selfs lewelose voorwerpe saamsweer om die lewe vir jou moeilik te maak. Daar is nie baie wat jy daaraan kan doen nie, behalwe om daarmee saam te leef en nie toe te laat dat hierdie klein jakkalsies jou onderkry nie.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Daar sal ’n groot fokus op vriendskap en noue verbintenisse wees. Dit sal jou een tree nader bring aan jou doelwit. Vreemd genoeg behels dit ’n vriend of kollega. Moenie jaag nie. Wees net rustig.

VISSE (20 Feb.-20 Mar.)

Die maan bring vandag nuwe omstandighede vir sake, loopbaan en aansien. Baie Visse sal die een of ander soort bevordering kry, maar as jy dit kry, sal dit nie ’n wafferse een wees nie; moet daarom nie te opgewonde raak nie.

RAM (21 Mar.-20 Apr.)

Vandag se sterre bring talle interessante moontlikhede vir jou. Omdat daar net ’n paar dae gelede ’n nuwemaan was, geld dit ook vir die komende maand. Jy kan vandag ’n bietjie goeie geluk verwag.

BUL (21 Apr. -20 Mei)

Dis ’n goeie tyd vir jou om jou gesamentlike rekenings te bekyk. Jy is dalk een van die baie Bulle wat dink aan die herfinansiering van ’n verband of probeer om jou kredietkaartlemiet uit te sorteer. Dink mooi voor jy optree.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Jy het vandag goeie sterre vir alle soorte verhoudings, maar veral die huwelik en ander intieme verhoudings. Dink mooi voor jy praat en probeer dink hoe ander dink.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Daar is nuwe omstandighede by jou werk. Vandag sal ’n nuwe atmosfeer bring omdat jy sekere mense se werk moet doen. Dis geen probleem nie. Jy was al daar en het dit al gedoen. Jy weet dus waaroor dit gaan.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Vandag bring goeie sterre vir liefde en toegeneentheid mee. Met hierdie sterre sal iets moois gebeur om jou liefdeslewe in te kleur. Dit is waarop jy gewag het. Jy sal dus gretig wees om dinge te laat werk.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Die sterre is goed vir sake wat met grond of eiendom te doen het. Dit beteken nie jy moet finale besluite oor hierdie sake neem nie, maar dit beteken tog dat jy besig is om alles agtermekaar te kry sodat jy later ’n besluit kan neem.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Motors, reis en jou algemene beweging sal belangrik wees. Vir sommige Weegskale is die rede hiervoor probleme met hul vervoermiddel of selfs openbare vervoer van of na hul buurt.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy sal baie tyd bestee om jou geldsake te bekyk en daaroor na te dink. Vir sommige Skerpioene behels dit niks meer as om uit te werk wat ’n billike bedrag is om in die komende week aan middagetes en vervoer te bestee nie.