Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar hou lokvalle in vir die onbehoedsames. Dit sal groot verleentheid in die openbaar veroorsaak wanneer van jou planne in duie stort. Jy sal ooreenkomste onderteken wat langtermynvoordele inhou.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone sal geïnteresseerd wees in die skone kunste, soos sing, drama of enige ander vorm van musikale uitdrukking. Hulle trek voordeel en put plesier uit vriende en kollegas. Hulle sal vinnig op vriendelikheid en waardering reageer.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Daar is goeie sterre vir geldsake, maar dit lyk of die geldsake op die een of ander manier verband hou met dinge uit die verlede – moontlik foute deur jou en ander. Dalk het jy nou die kans om ’n paar dinge te verkoop.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Vandag is die sterre goed om aan jou persoonlike voorkoms te werk. Dit kan baie dinge beteken, maar gewoonlik is dit ’n goeie tyd om jou hare te laat stileer of selfs om nuwe, moderner klere te koop. Die skyn bedrieg.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Vandag se sterre is gunstig vir artistieke of kreatiewe werk. Dit beteken nie jy moet ’n Michelangelo wees nie. Al wat jy moet doen, is om met kreatiewe idees vorendag te kom oor hoe jy jou alledaagse take kan verrig. Met hierdie sterre sal dit maklik wees.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Die sterre wat jy vandag het, bring dikwels iets wat jy wil hê. Dit kan iets wees waarop jy al lank jou oog het of dalk het jy pas besef jy begeer dit. Wat dit ook al is, dit sal jou gelukkig maak en dis goed.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy moet versigtig wees met jou geld, veral gesamentlike geld. Met hierdie sterre kan jy uitvind jy het ’n swak koop gemaak. Jy kan selfs deur ’n gewetenlose verkoper ingeloop word. Dis veiliger om net te kyk en nie te koop nie.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Jy kry nuus van ’n ver plek. Dikwels raak hierdie sterre jou omdat hulle ’n maat affekteer. Gelukkig is dit goeie nuus en behoort jy tevrede te wees met die lewe en hoe dit gaan. Daar is gesprekke oor ’n godsdienstige seremonie.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Daar is goeie sterre om saam met mense te werk. Hierdie sterre sal jou heelwat nader bring aan ’n kollega. Dit help om take gedoen te kry, maar moenie toelaat dat jou gevoelens jou goeie oordeel beïnvloed nie.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy het Venus, die liefdesgodin, in jou hoek vir intimiteit en die magiese Neptunus in jou hoek vir romanse. Dis uitstekende omstandighede vir romanse, maar dis ’n werkdag. As jy nie ’n namiddagkuiertjie kan reël nie, is daar nog vanaand.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Iets eindig wat met werk verband hou. Dis eintlik wat jy wil hê, maar daar is bedrieglike sterre. Maak dus seker alles is hoe jy dink dit is. Vandag is daar ’n paar klein oponthoude.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Vandag word gekenmerk deur aspekte van jou hoek vir reis en jou hoek vir liefde en romanse. Reis en vervoer sal belangrik wees. Hierdie sterre bring ook goeie omstandighede om oor jou diepste gevoelens te praat.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Vandag se sterre plaas die fokus op geldsake. Soms bring hierdie sterre iets wat jy wil hê. Maar net so dikwels kan dit situasies bring waar jy ingeloop word of jy koop huishoudelike toestelle wat nie werk nie.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Verwarring heers, maar omdat dit ’n Vis is wat wanorde uitgedink het, sal dit jou nie van stryk bring nie. Wees maar versigtig, veral as jy beoog om jou op die een of ander manier te verbind. Lees mooi voor jy dokumente onderteken.