Jou sterre met Arthur Bowman.

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar sal jy jou gewoonlik pragmatiese denke opsy skuif en neig na fantastiese denke wat sal veroorsaak dat jy met ’n verskeidenheid mense nie oor die weg kom nie. Wees versigtig vir aanbiedinge wat te goed is om waar te wees.

BABAS WAT VANDAG GEBORE IS:

Hierdie persone het ’n goeie verbeelding en die vermoë om die geheelbeeld te sien, maar hulle dink aan ’n verskeidenheid dinge omdat hulle nie kan fokus nie. Hulle sal goed vaar, maar sal ’n sterk maat nodig hê.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jy is geneig om effens liggeraak te wees. Gelukkig gebeur dit nie baie dikwels met die Kreef nie, maar wanneer dit gebeur, bring dit die mense om jou van stryk omdat hulle dit nie verwag het nie. Probeer om jouself in hul skoene te plaas.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Vandag is daar ’n reeks klein probleempies. Dit lyk asof die een ding na die ander lei en op die ou end wonder jy wie dit is wat jou lewe so moeilik maak. Hoekom verslap jy nie die pas en laat alles stadig en behoorlik gebeur nie?

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Vandag kan ’n paar geldelike komplikasies inhou. Dit gebeur nie dikwels met die Maagd nie. Jy bestee jou geld altyd versigtig, maar dit lyk of jy vandag impulsief koop en boonop is dit swak kopies.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Die maan in haar eerste kwartier is in jou teken. Dis nie slegte omstandighede nie, maar dit sal ’n hindernis meebring. Dit sal iets wees wat jy min of meer verwag het, maar jy het niks gedoen om dit te vermy of versag nie.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Die eerste kwartier van die maan is in jou twaalfde hoek. Die twaalfde hoek is die hoek van selfvernietiging. Gewoonlik beteken dit jy moet ernstige verbintenisse of aankope vermy, want jy sal dit later berou.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jy sit weer tussen twee vure. Dis ’n wonder hulle herdoop dit nie na “die Boogskutter se tuiste” nie, want die afgelope tyd was jy so baie daar. Soos gewoonlik is die enigste uitweg om die minder slegte opsie te kies.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Die eerste kwartier van die maan is in jou hoek vir ego en aansien. Daar kan ’n klein hupstoot wees wat jou baie ingenome met jouself laat voel. Luister – moenie praat nie.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Wanneer jy iemand ’n guns doen, is dit in swak smak om hulle te herinner aan hoe goedgunstig jy was. Jy sal vandag iemand wil herinner aan die gunste in die verlede, want jy wil hulp hê. Maar jy wil nie hê iemand moet jou beskuldig dat jou optrede in swak smaak is nie.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Iemand veroorsaak hindernisse op jou pad. Dis normaal vir die Vis. Mense hou daarvan om vir jou ongerief te veroorsaak. Ongelukkig het hierdie hindernis met wette en regulasies te doen. Jy sal dit maar net moet uitwerk.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jy het baie te doen, maar kan net soveel op jou eie doen. Wat jy nou moet doen, is om iemand te vra om jou te help. Dit beteken nie jy moet die beheer oorgee nie, maar dit maak net sin om ’n kompromie aan te gaan.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Die eerste kwartier van die maan in jou hoek vir werk bring vreemde moeilikhede mee. Gewoonlik behels dit werk of vir party Bulle troeteldiere. Dis nie duidelik hoe troeteldiere betrokke kan wees nie.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Die maan in haar eerste kwartier is in jou hoek vir romanse. Vir party Tweelinge beteken dit ’n interessante dag lê voor, maar vir die meeste beteken dit hulle dink na oor hul liefdeslewe en is oor ’n paar dinge bekommerd. Probeer ’n romantiese gebaar.