JOU DAG

Mercurius in die Leeu se teken dui op goeie omstandighede vir aritstieke uitdrukking en kreatiewe kommunikasie.

AS JY VANDAG VERJAAR

Met Saturnus wat deur jou sone vir romanse beweeg sal jy die volgende 12 maande meer geduldig in jou verhoudings moet wees. Vir enkellopendes is daar ’n verband tussen liefde en geld.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Met Mercurius wat nou deur jou sone vir vermaak beweeg is dit tyd om ’n ou stokperdjie te hervat of met ’n nuwe een te begin. Moenie alles glo wat ’n kind, tiener of vriend vir jou vertel nie.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Die sterre plaas die fokus op besadigde gesprekke en kreatiewe kommunikasie terwyl jy die geselskap van familie en vriende geniet. Bestee tyd om te verstaan wat ’n geliefde regtig deurmaak.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jy is gretig om jou idees weer te gee en voer heelwat stimulerende gesprekke met interessante mense terwyl jou heerser Mercurius tot 8 April deur jou kommunikasiesone beweeg.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Jy is geneig om te veel uit te gee omdat jou wenslysie groter as jou huidige bankbalans is. Mercurius spoor jou aan tot geldelike geletterdheid. Kennis is mag.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jy het ’n groter vermoë om ander te vermaak. Jy ispireer die mense om jou met jou kreatiewe benadering tot die lewe. Weerstaan die begeerte om veroordelend te wees en jou menings grootdoenerig uit te spreek.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Moenie ’n te streng benadering volg en glo daar is net een manier om jou doelwitte te bereik nie. Daar is vele paaie na sukses en een van jou sterk punte is jou aanpasbaarheid.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Met Mercurius in jou sone vir vriende en kennisse behoort jy jou portuurgroep te vergroot om nuwe stimulerende mense in te sluit. Span jou intuïsie in om ’n probleem by die werk op te los.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Die planete gee jou baie woema vir professionele sake, maar moet dit nie oordoen nie! Jy is vol selfvertroue oor jou vermoëns, maar moet dit temper met ’n bietjie nederigheid en gewilligheid om te leer.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Mercurius beweeg deur jou sone vir reis. Dit is dus tyd om met jou oorsese kontakte te gesels. Span jou sjarme in en jy sal ’n paar nuttige langtermynkontakte kry.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Vir Steenbokke in ’n verhouding kan openhartige besprekings met jou maat tot ’n nodige professionele of persoonlike deurbraak lei. As enkellopendes op soek is na liefde, sal hulle proaktief moet wees.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Met Mecurius in jou sone vir verhoudings sal jy beter voel hoe meer jy met geliefdes praat. Moenie te onafhanklik wees nie – moenie huiwer om uit te reik en te vra as jy hulp nodig het nie.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Die son, Mercurius en Jupiter het almal ’n stimulerende invloed op jou werksone. Probeer dus om meer kreatief, kommunikatief en entoesiasties by die werk te wees. As jy stadig raak en stagneer, sal jy agtergelaat word.