Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar is een van daardie jare dat dit een tree vorentoe en een tree terug is. Dit maak dit ’n jaar waarin jy moet wag en kyk pleks dat jy die wêreld verower. Jou poëtiese aard kom na vore.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone kan dit nie verdra om diere of mense te sien ly nie en omdat hulle baie intelligent is, sal hulle waarskynlik in ’n beroep staan waar hulle die siekes en behoeftiges help. Hulle is iets vir die oog.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy het vandag goeie sterre vir geld. Dié sterre kan veroorsaak dat jy klein wen, maar dis nie hoe dinge gewoonlik werk nie. Wat dikwels gebeur, is jy koop en verkoop items teen goeie pryse. Moenie te haastig wees nie.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Vandag bring ’n nuwe begin. Presies wat begin, is nie duidelik nie, maar dis iets wat in jou guns tel. Kan dit wees dat jy ’n nuwe aspek van jou stokperdjie of belangstelling aanpak? Is dit ’n tree vorentoe?

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jy het gewone takies en probleme, maar die probleme kom uit die verlede. Jy behoort dus te kan vrede maak daarmee. Daar is sterre van effense onenigheid wat na jou kant toe skyn; vermy dus ’n stryery oor beuselagtighede.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Die wêreld is nie in afwagting op jou volgende woorde nie, maar daar is wel mense wat regtig belangstel. Dis natuurlik vriende, en almal hou daarvan om lojale vriende te hê.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Daar is goeie sterre vir sake wat met werk te doen het, veral as die dinge wat bespreek word, ’n effense verbetering in status behels. Dit is dalk raadsaam om die namiddag en aand te wy aan iemand wat vir jou lief is.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Die probleme en irritasies waarmee jy die afgelope dae te doen gehad het, sal minder raak en stilweg verdwyn. Dit sal jou goed laat voel, maar moenie toelaat dat dit jou te veel selfvertroue gee dat jy iets onvanpas kwytraak nie.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Dit lyk asof daar probleme met beamptes is. Miskien wil iemand jou nie toelaat om op die gras te parkeer nie of word jy voorgekeer omdat jy voet in die hoek gesit het. Vanaand is daar goeie sterre vir kuier soos net die Leeu kan.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Daar is goeie sterre vir die huwelik en intieme verhoudings. As jy een van die Maagde is wat vandag die een of ander seremonie bywoon, het jy uitstekende sterre vir ’n prettige tyd. Jy sal interessante mense ontmoet.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Daar is goeie sterre vir gesondheid en sake-ooreenkomste. Jy mag dalk kibbel oor iets, maar Weegskale kan dit goed doen. Voeg net ’n bietjie humor by jou gekibbel en jy sal ’n goeie ooreenkoms beding.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Dit lyk asof daar goeie geluk vir jou is. Dit sal goed wees as dit geld vir geldelike gewin, maar ek dink nie dit sal nie. Die goeie geluk sal behels dat jy iets kry wat jy gedink het nie kan gebeur nie.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Daar is ’n lekker oplossing vir ’n alledaagse probleem. Dit gebeur nie gereeld nie, dus is jy ’n bietjie van balans af. Die goeie nuus is, op die ou end sal jy dié dinge uitsorteer en alles sal goed georden wees.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Daar sal onverwagte kort reise en ’n paar oproepe of briewe wees wat jy nie verwag het nie. Jy is ten gunste van gunste doen, maar soms moet jy eers stilstaan en daaroor nadink.