Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Jy gaan jou vanjaar af en toe erg bekommer, maar dit lyk asof dit meesal oor hersenskimme sal wees of ongegronde vrese. Jy het ook goeie geluk.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Dié mense sal suksesvol wil wees in die sakewêreld, maar is te saggeaard en goedgelowig. Dit maak hulle ’n sagte teiken. Hulle is aantreklik en geliefd. Hulle stel belang in die teater. Hulle is te intens vir hul eie beswil.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Vandag neem jou verantwoordelikheid ietwat toe. Gewoonlik sal so iets jou pla, maar vandag doen jy dinge wat jy gewoonlik doelbewus aan ander oorlaat, grootliks omdat dit goed is wat jou nie aanstaan nie.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Die invloed van Saturnus bring vertragings in enige lang reise of kommunikasie met mense op verre plekke mee. Nog ’n uitwerking van Saturnus is jy raak betrokke by ’n diep en betekenisvolle bespreking oor die abstrakte.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy kry goeie nuus. Dié soort sterre is skaars en bring ’n meevaller van die staat of ’n groot firma. Kan dit beteken jy kry ’n laat belastingterugbetaling of afslag op ’n versekeringspremie?

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Dis ’n goeie dag om saam met mense te werk, veral ’n vennoot of maat. Daar is ook goeie sterre vir intieme verhoudings, maar daar kan hindernisse of oponthoude wees wat verband hou met dit wat jy saam met hierdie mense doen.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Daar is goeie sterre vir werk- en gesondheidsake. Terselfdertyd word klein diertjies en troeteldiere begunstig, veral as die troeteldiere al ’n bietjie oud is. Die ekstra goeie nuus is: Jy het ook goeie sterre vir jou eie gesondheid.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Vandag heers goeie omstandighede vir intieme verhoudings, maar dis nie nodig om haastig te raak nie. Daar sal oponthoude en hindernisse wees wat oorkom kan word, maar dit duur ’n ruk. Gaan stadig te werk en bly rustig.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Jy besluit om ’n projek te beëindig en iets groters en beters in die plek daarvan te begin. Ongelukkig sal daar hindernisse wees wat moeilik is om te oorkom, maar jy sal dit regkry.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Vandag ervaar jy klein gesondheidsprobleme. Die omstandighede laat jou effens sleg voel. Daar sal probleme met jou vel of gewrigte wees. Moet dus nie te lank in die son lê nie en oefen matig.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy voel opwinding is nodig, maar jou geld is tans skraps. Jy moet jou planne liewer laat vaar en jou aandag aflei sodat jy nie iets dwaas aanvang met die bietjie wat jy het nie.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Saturnus word in jou teken geaktiveer deur die son in die Visse-teken. Die ou orde eindig en daar is ’n nuwe begin. Vreemd genoeg sal die begin nog nie vandag wees nie. Dit moet ’n rukkie broei voor alles duidelik word. Wees dus geduldig.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jy moet ’n bietjie rondhardloop en kibbel oor ’n prys omdat iemand ’n fout begaan het en iemand wat sterk is, die saak moet beredder. Dis die plig van die hoofteken, maar jy is mal daaroor!

WATERDRAER (21 Jan.-19 Febr.)

Vandag kry jy iets wat jy al ’n ruk lank wil hê. Wat dit ook al is, is al ’n tyd lank beskikbaar, maar daar was oponthoude wat tot vertragings gelei het. Daar is steeds vertragings, maar jy werk om hulle.