JOU DAG

Jy het vandag goeie sterre om te reis, iets te bestudeer of te leer en te sosialiseer.

AS JY VANDAG VERJAAR

Die volgende 12 maande is dit tyd om jou verskillende talente vir die wêreld te wys. Vermy dit om sake te ooranaliseer. Goeie geluk kom makliker na die dapperes se kant toe.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Rustelose Ram, jy is op reis en in die bui vir ’n avontuur, maar kyk fyner waarheen jy op pad is. Dalk hanteer jy ’n kwessie met ’n kind, tiener of vriend te haastig.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Is jou persoonlike lewe of die situasie in jou huishouding tans baie verwarrend? Moet vandag geen langtermynbesluite neem nie. Wag tot die stof gaan lê het voor jy ’n nuwe rigting inslaan.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Die kollig is op naby verhoudings, maar omdat Venus steeds in jou kommunikasiesone agteruit beweeg, moet jy seker maak jy druk jouself duidelik en presies uit wanneer jy met ander praat.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Geldsake lyk gekompliseerd terwyl jy help om die geldsake van ’n tiener, vriend of familielid uit te sorteer. ’n Gekwalifiseerde persoon wag om jou te help. Moenie hul kundigheid van die hand wys nie.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Die trotse Leeu hou daarvan om skielik op te tree. Maar vandag se sterre moedig jou aan om die balans reg te kry tussen om sake goed te deurdink en om geleenthede aan te gryp wanneer hulle daar is.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Bepaal jou aandag by huishoudelike take en gesinsake. Jy is gretig om probleme op te los, maar jy moet besef daar is meer onder die oppervlak aan die gang as waarvan jy tans weet.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Daar kan ’n onverwagte probleem met ’n vriend of kollega wees omdat Venus deur jou netwerksone agteruit beweeg. Ekstra diplomasie en begrip is nodig.

SKERPIOEN 24 Okt-22 Nov.

Het jy onrealistiese verwagtinge van ’n naby vriend of kollega? ’n Proaktiewe, hulpvaardige benadering sal jou help om die lug te suiwer en die verhouding weer te laat vlot.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

’n Kombinasie van koel selfvertroue en goeie kommunikasievaardighede help jou om na die volgende professionele vlak te beweeg. Maak op jou intuïsie staat om jou te help om ’n hardnekkige persoonlike probleem op te los.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Weerstaan die versoeking om bekommerd en angstig oor die toekoms te voel. Hoe meer openlik jy oor jou ware gevoelens praat – veral met gesinslede – hoe beter sal die dag wees.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Voel dit of ’n naby verhouding agteruit gaan? Met Venus wat agteruit beweeg tot 6 September sal jy maar net meer geduldig en simpatiek as gewoonlik moet wees.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Jy moedig iemand aan om hul bes te doen en neem die rol van mentor of onderwyser aan. Praat ’n vriend of kollega die volle waarheid en gee hulle al die feite?