Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar is daar wesenlike verandering in jou lewe. Hierdie veranderings sal skielik en meestal sonder waarskuwing gebeur. Jy sal nie daarop voorbereid wees nie. Dis ’n tyd wanneer jy ontdekkings oor die lewe en jouself maak.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mense is ambisieus en dapper. Hulle sal hul aandag op ’n doelwit vestig en nie ophou voor hulle dit bereik nie. Hulle is selfversekerd en dalk ’n bietjie hardkoppig, maar op die meeste gebiede ’n wenner. Hulle smag na vryheid en selfuiting.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy hardloop baie rond, selfs al is dit Vrydag. Daar is die gewone Vrydag-sake wat jou aandag verg, maar daar is ook ekstra sake wat jy nie sal kan ignoreer nie. Hoekom vra jy nie iemand se hulp nie?

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Dis nodig dat jy versigtig met jou geld werk. Met die sterre wat jy het, is daar ’n groot moontlikheid dat jy ingeloop kan word. As jy vir duur items moet betaal, maak seker jy kan dit terugneem as dit nie reg items is nie.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Die week eindig, maar iets begin. Die sterre dui op aksie en dit sal ’n nuwe projek meebring. Wat dit ook al is, dit sal jou nogal lank besig hou. Ten minste bereik jy iets.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Iemand het verbrou en dit lyk asof net jy dit kan regstel. Dis baie vleiend, maar beteken jy het meer werk en minder tyd vir die dinge wat jy geniet. Begin sommer nou!

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jy het baie goeie sterre om saam met kollegas te wees met wie jy kan saamwerk. Hierdie sterre sal waarskynlik nie groot prestasies inhou nie, maar minstens kan jy take betyds afhandel en hopelik vroeg vir die naweek wegglip.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Dit lyk of jy in beheer geplaas word. Dis nie deel van jou gewone pligte nie en jy is in diep water. Dit bekommer jou nie. Die Weegskaal het ’n sterker mondering as die meeste mense. Jy kry alles gedoen.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jou gedagtes is by ver plekke. Vir party Skerpioene is die rede hiervoor dat jy binnekort op ’n lang reis vertrek, maar vir die meeste is dit omdat jy kontak het met iemand wat pas teruggekeer het of dalk is iemand op die punt om te vertrek.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Vandag hou min plesier in, maar mense kan jou nie keer om die omgewing te bewonder nie. Maak net seker die bewondering is op ’n afstand. Kyk, maar moenie vat nie. Sake lyk goed vir ná werk.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Dis een van daardie dae dat jy beter vaar deur in ’n vennootskap of as deel van ’n span te werk. Pak dus jou Lone Ranger-klere weg en werk saam met iemand. Op stuk van sake het selfs die Lone Ranger vir Tonto gehad om hom te help.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Dis ’n besige dag en ál meer werk word op jou skouers gelaai. Soms is dit nie lonend om die slim een te wees wat werk afhandel asof daar towerkrag betrokke is nie. Sê vir hulle jy is nie met hierdie situasie tevrede nie.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Die maan in jou hoek vir die liefde en romanse dui op goeie omstandighede vir romanse. Sorg vir romantiese omstandighede en laat dan die kosmos oorneem om al die goeie dinge mee te bring waaroor die Vis heeltyd droom.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Dis die einde van die week én van ’n projek waarmee jy maar onlangs begin het. Die projek sal eindig voor dit bedoel was om te eindig, maar soms moet ons maar die verliese afskryf en iets afsluit. Dis nou so ’n tyd.