Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Dis ’n bedrywige jaar met baie werk en dit wat jy die meeste geniet. Jy sal die teiken van iemand se toegeneentheid wees, of jy daarvan hou of nie. Jy gaan ’n belangstelling in ’n kunsrigting ontwikkel.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mens is gemoedelik, vriendelik en vrolik. Hulle het ’n liefde vir die mooie in kuns en die natuur. Hulle gaan ’n talent in een van die kunste hê, veral musiek. Hulle is harde werkers wat ’n taak eers sal los nadat dit volmaak gedoen is.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Venus, die godin van die liefde en alles wat mooi is, is vandag werksaam in jou teken. Dis ’n goeie dag om aan jou voorkoms te werk. Hoekom besoek jy nie jou haarkapper en laat stileer jou hare nie?

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Die klem val op die verlede. Met hierdie sterre duik nostalgie blykbaar onverwags op. Dalk luister jy na die radio en hoor musiek uit jou tienerjare. Dit gaan jou lekker laat voel.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Dis goeie tyd om met vriende en kennisse te kuier. Vandag se sterre bring dalk selfs iets wat jy wou hê, iets wat jy nie kon bekostig nie of iets wat jy nêrens in die hande kon kry nie.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Die pragtige Venus is aktief in jou hoek vir werk en loopbaan. Dit kan ’n paar gevolge hê, maar meestal kan dit ’n klein bevordering bring of dit kan die soort werk bring waarvan jy baie hou. ’n Kombinasie van die twee sal lekker wees.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Lang afstande gaan aanloklik wees. Vir party Steenbokke beteken dit ’n wegbreek, maar vir die meeste beteken dit nuus uit die verre. Kan dit ’n Skype-oproep wees? Indien wel, gaan jy onverwagte nuus kry.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Vandag is ’n goeie dag om kunsvoorwerpe te koop of verkoop. Maar jy moet steeds lugtig wees vir mense wat jou wil inloop, en jy kan ’n bietjie met die verkoper onderhandel as jy wil. Jy gaan verbaas wees oor die afslag wat jy sal kry.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Jy het die liefderyke Venus in jou hoek vir die huwelik en intieme verhoudings. Dis ’n goeie aanduider vir intimiteit; jou middag of aand kan goed lyk, al het jou dag nie goed begin nie.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jy het goeie sterre vir jou werk. Hierdie sterre gaan die lekker werk en samesyn bring waarvan jy so baie hou. Vir party Ramme is daar selfs ’n kans dat iemand by die werk jou laat weet hulle hou van jou. Wees versigtig.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy kry ’n klein wins. Dan kom die liefderyke Venus, die godin van liefde en romanse, in jou hoek vir liefde en romanse binne. Jy het nie ’n astroloog nodig om te bepaal wat dit beteken nie. Al wat ek kan sê is, geniet dit!

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

Dis ’n goeie dag om jou huis mooi te maak. Gewoonlik bring vandag se sterre briljante idees vir jou huis mooier en gemakliker maak. Gemak is nou vir jou taamlik belangrik. Die aand lyk ook goed.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Daar gaan goeie nuus oor ’n familielid of dalk jou bure wees. Hierdie nuus gaan die een of ander viering meebring, en as daar iets is waarvan die Kreef hou, is dit ’n viering, ongeag die rede.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Die dag begin op ietwat van ’n slegte noot, want jy voorsien dit gaan maar dieselfde soos elke dag wees. Moet jou nie bekommer nie; dit sal mettertyd beter gaan.