Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Dit is ’n belangrike jaar. Nie soseer oor wat met jou gebeur nie, maar oor die besluite wat jy maak en die kontrakte of ooreenkomste wat jy aangaan. Daar is goeie sterre vir geldsake. Jy wen dalk iets by die lotery.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mens het ’n lewendige verbeelding en ’n goeie intuïsie. Hulle sal in die een of ander gebied amper geniaal wees, dalk een wat met geld te doen het. Hulle sal waarskynlik instinktief weet wanneer om te koop en te verkoop. Hulle sal baie goed vaar.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Gewoonlik is die Weegskaal baie omsigtig en maak hulle nie uitlatings wat iemand aanstoot kan gee of kan bevraagteken nie, maar vandag sal jy geneig wees om uitlatings te maak wat jy amper onmiddellik berou. Probeer dink en jou feite navors voor jy praat.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Iets op die agtergrond pla jou al ’n ruk en vandag tree dit na vore. Dit is omdat jy sien jou diskresie bring jou nêrens en mense weifel en irriteer jou.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Een van jou drome word eindelik waar. Op sy eie is dit nie iets groots nie, maar in die laaste tyd word drome so weinig waar en jy sal dus bly wees om dit te sien gebeur. Moenie vergeet om iemand te bedank nie.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Wanneer jy in die posisie is waarin jy jou is, is dit wys om stil te bly en versigtig te luister na wat ander sê. Gewoonlik lê die leidrade in hul woorde, waarmee jy onopsigtelik alles na jou wense kan laat uitwerk.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Daar is goeie nuus op pad. Hierdie nuus sal uit die verre kom. Baie dikwels gaan hierdie sterre gepaard met nuus van oorsee of beslis van plekke wat met lang reise verband hou. Put plesier uit die nuus, maar moet nog nie optree nie.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Dit blyk ’n taamlik pretensielose dag te wees. Dinge sal om jou gebeur, maar jy sal jou waardigheid kan behou en nie betrokke raak nie, tot jy die punt bereik waar jy weet jy kan dit kry wat jy wil hê.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Vandag se sterre bevoordeel groepwerk of dalk met een vennoot. Julle sal waarskynlik nie ingewikkelde projekte pak nie, maar met dit wat julle wel doen, sal julle goed vaar en onverwagte belonings kry.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy het al die uitdrukking “agteros kom ook in die kraal” gehoor. Herinner jou heeldag hieraan, want met vandag se sterre sal jy droogmaak en jou soos ’n gek laat lyk as jy oorhaastig optree. Wees rustig.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

Hulle sê die Tweeling is van die denkende tekens van die diereriem. Wel, vandag kry jy jou kans om dit te bewys. Gebruik jou grysstof om dinge uit te werk voor jy iets kan doen of sê wat jou kanse kan bederf.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jy is besig met ’n spesiale projek en dit het iets met jou huis te doen. Hier beplan jy om iets tot ’n end te bring sodat jy dit met iets beters kan vervang. Vir baie Krewe is dit ’n kans om ’n nuwe woonplek te vind.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Vandag se sterre sal jou brein stimuleer. Dit beteken dit is vir jou makliker om verskeie legkaarte te voltooi, en wie weet, dalk kan jy ’n kriptiese blokraai sonder ’n woordeboek voltooi.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jy sal sien jy hou jou geldsake fyner dop; party Maagde doen selfs voorraadopname. Ek dink nie dit is werklik nodig nie, maar as dit jou beter laat voel, kan jy gerus voortgaan!