Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG

In die komende jaar is jy geneig om ’n ontoeganklike houding te hê en in party gevalle grens dit aan ongeskiktheid jeens die mense wat jou kan help. Dit beteken die meeste van wat jy vanjaar doen, sal jy op jou eie moet doen.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mense is hardwerkend en verdra nie dommigheid nie. Hulle sal dus die meeste van die tyd op hul eie werk. Hulle sal in sport en fisieke aktiwiteite belangstel, maar is eerder ’n toeskouer as ’n deelnemer. Hulle is baie slim.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Die son is teenoor Saturnus op die horison van jou horoskoop. Dit veroorsaak probleme met mense met wie jy nabye kontak het. Dis nie nou die tyd om jou waardigheid te verdedig nie. Wees voorbereid om te erken wanneer jy verkeerd was.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Iemand is siek. Dit kan jy wees, maar dis meer waarskynlik iemand op wie jy staatmaak. Van die spesiale projekte wat jy vir vandag beplan het, is dus in die gedrang. Dit sal slim wees om ’n plan B te hê.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy het goeie sterre vir liefde en romanse. Gewoonlik wanneer jy oor liefde en romanse dink, dink jy aan passie, maar nie hierdie keer nie. Jy gee en ontvang liefde waar dit elke dag nodig is en dit is goed.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jy begin met en eindig iets. Dit maak vandag nogal ’n keerpunt in jou lewe. Dis nie ’n groot keerpunt nie, maar dis een wat jy sal onthou – jy sal aan gebeure dink as dié voor en ná vandag.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

As jy rondhardloop, en volgens jou horoskoop sal jy, probeer om ’n bietjie vroeër te vertrek, want dit lyk of daar talle onverwagte vertragings en heelwat ongerief sal wees. Geduld is ’n goeie eienskap.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Daar is teenstrydige dinge wat jou geldsake beïnvloed. Een invloed maak jou spandabel en ’n ander maak jou baie suinig. Dis net in die Skerpioen waar sulke teenpole bymekaar kan kom.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Dit lyk of daar oponthoude en probleme is, maar dis niks wat jy nie kan hanteer nie. Die goeie nuus is jy kry hulp van ’n kollega of minstens iemand wat ’n tyd lank saam met jou gewerk het. So hanteer jy die probleem makliker.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jy voel vandag aanvanklik olik. Gelukkig is jy gou-gou weer volstoom aan die gang, al moes jy delegeer en al hou jy niks daarvan nie. Jong mense sal baie behulpsaam wees.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jou hoek vir liefde en romanse sal geaktiveer word deur omstandighede in die verlede. Dis onduidelik hoe dit tot jou voordeel strek, maar jy sal beïndruk wees deur wat tans gebeur.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Jou mikpunt is om ’n projek te eindig. Dit is goed, want jy werk op jou eie gebied en vaar goed – jy kry lof vir wat jy doen. Mooi dinge gebeur vandag. ’n Romantiese ete vir twee is dalk in die vooruitsig.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Neem ’n boek saam as jy reis, want daar sal onverwagte vertragings wees, asook probleme met mense wat meer invloed as verstand het. Daar is ook goeie sterre vir inkopies doen, veral vir die huis.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Geldsake kan ’n probleem wees. As jy geld by die OTM moet trek, doen dit vroeg, want dit lyk of baie van die probleme veroorsaak word deur masjiene wat nie werk nie. Hou ’n bietjie ekstra kontant by jou.