Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Dis ’n spesiale jaar en jy maak op alle gebiede vordering. Daar is goeie sterre vir geldsake, maar meestal sal hierdie voordele kom danksy harde werk en die gebruik van gesonde verstand. Daar is uitstekende omstandighede vir jou liefdeslewe.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone is aantreklik en het ’n aangename persoonlikheid. Hulle sal belangstel in die skone kunste en kan vaardig wees in een of meer van dié rigtings. Hulle sal roem en rykdom vind, maar ’n bietjie te vrygewig wees.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jou geldsake lyk goed. Dis waarskynlik nie so goed as wat jy wens nie, maar ten minste grens dit nie aan ’n minus aan die ander kant van die rooi lyn nie. Met jou huidige sterre behoort jou lewe vir ’n rukkie beter te lyk.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Venus, die liefdesgodin, in in jou teken geaktiveer en bring goeie omstandighede vir die liefderyke Bul. Dit maak dit vir jou maklik om die jou lewensmaat te beïndruk en wie weet watter wonderlike dinge sal volg? Dis ’n goeie begin vir die week.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Jy het goeie sterre. Met hierdie sterre is gebeure en omstandighede in die verlede weer op die voorgrond. Dis goed, want jy kan nie regtig weet waarheen jy op pad is as jy nie duidelik sien waar jy vandaan kom nie.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Goeie omstandighede heers vir samesyn met vriende en kollegas. Dit lyk nie of hierdie sterre materiële voordeel inhou nie, maar hulle verinnig wel vriendskappe en bring jou nader aan iemand wat reeds baie na aan jou is. ’n Droom word waar.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Dinge om jou verander en omdat die Leeu in sy aard onbuigsaam is, sal jy nie beïndruk wees nie. Probeer om jou vooroordeel eenkant toe te skuif en maak die beste van die omstandighede deur iets nuuts en uitdagends aan te pak.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Die lokstem van veraf plekke laat jou erg dagdroom. Jy kry dalk selfs ’n idee om na ’n vreemde plek te reis. Gewoonlik laat die sterre wat jy nou het, ’n mens dink aan leeglê op ’n tropiese eiland.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Die sterre vir jou gesamentlike geldsake is goed, maar nie goed genoeg dat jy ’n vloot weeldemotors kan gaan koop nie. Wel, nog nie. Daar kan ’n effense verbetering in jou situasie wees, en dit is meestal deur ’n kollega se toedoen.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Venus, wat aktief is in jou hoek vir die huwelik en intieme verhoudings, is goed vir jou liefdeslewe. Dis ook goed om seker te maak jou intieme verhoudings bly intiem en bied jou steeds emosionele steun.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Met Venus wat aktief is in jou hoek vir werk, verwag ek dat jy die lekker take sal kry. Dit sal jou waarskynlik laat voel jy wil fluit terwyl jy werk. Jy voel tevrede met dit wat jy bereik het nadat jy vandag klaar gewerk het.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Die liefdesgodin, Venus, is aktief in jou hoek vir die liefde en romanse. Dis nie regtig nodig dat ek hierdie aspek vir jou skets nie, of hoe? As ek dit doen, sal dit net beteken jy verdien nie die mooi dinge wat jy binnekort sal geniet nie.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Die sterre bring vandag goeie omstandighede mee vir huislike sake, veral as jy besluit dis die einde van iets sodat jy dit deur iets beters kan vervang. Dis waarskynlik ’n toestel vir die kombuis of waskamer.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Daar is uitstekende sterre vir samesyn met familie en bure. Hierdie sterre bring spesiale samesyn en mense is gewillig om mekaar te help. Dis iets wat hulle gewoonlik nie eens graag vir hulself doen nie.