Wat jou sterre vandag voorspel met Arthur Bowman.

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar sal jy ontslae wil raak van die rommel in jou lewe. Dit is van toepassing op fisieke rommel sowel as mense wat niks tot jou welstand bydra nie. Jy is geneig om ’n bietjie te intens te wees.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone sal baie beskermend teenoor hul persoonlike lewe en gesin wees. Hulle het ’n diep en blywende liefde vir hul gesinslede en sal voel dis nodig om hulle te beskerm – of hulle nou beskerming nodig het of nie. Hulle is diep denkers en leer vinnig.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Dis een van daardie dae dat dit belangrik is om met iemand saam te werk, verkieslik met ’n groep. Maak net seker jy weet wat jou doelwitte is en dat die groep of kollega se doelwitte dieselfde is. Sterkte!

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy word gedruk om werk te doen wat nie gewoonlik jou taak is nie of waarvan jy nie baie hou nie. Daar is nie veel wat jy daaraan kan doen nie en jy kan netsowel maar die stroom volg. Jy voel ’n bietjie af en dit help nie.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Daar is matig tot goeie sterre vir liefde en romanse, maar dis ’n werksdag en dus is daar nie juis baie geleenthede om iets daaraan te doen nie. Party Maagde sal in die namiddag ’n spesiale kuiertjie kan inpas, maar die meeste sal maar net ’n koue stort moet vat.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Jou gedagtes bly die heeltyd besig oor die einde van iets. Die voorwerp is waarskynlik die een of ander toestel – dalk ’n elektro-meganiese toestel wat gebruik word vir werk en om take te voltooi. Kry die nuwe een voor jy van die oue ontslae raak.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Vandag word daar heelwat rondgehardloop. Dit lyk nie asof jy veel daardeur regkry nie, maar jy probeer ten minste en dis meer as wat van party mense om jou gesê kan word. Maak ’n lys van jou take.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Kontroleer jou bankbalans en maak seker als is reg met jou kredietkaarte en dat dit nie naby mense is wat hulle kan gebruik nie. Nog iets: moenie jou kredietbesonderhede vir vreemdelinge gee wat jou bel en vir donasies vra nie.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Vandag het jy die behoefte om van voor af te begin, maar eers moet jy ’n bietjie opruimwerk doen. Dit sal jou tevrede stel, want jy het begin bekommerd raak oor al die gemors wat ophoop.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Op die een of ander manier val die fokus op ondernemings, foute of swak oordeel in die verlede. Die persoon wat die fokus daarop plaas, is beslis nie jy nie. Jy sal nie so dom wees om te spog oor hoe dwaas jy was nie – of hoe?

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Die omstandighede is goed om tyd saam met vriende en kollegas deur te bring. Hierdie sterre kan onverwagte voordeel inhou. Jy sal moet raai wat die voordeel is, maar dikwels is dit net lof van mense wie se mening jy respekteer.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jy word gevra om die vaardighede te wys waarin jy spesialiseer. Ongelukkig sal jy dit baie skielik en onverwags gevra word en jy word onkant gevang. Jy sal op ’n lomp manier deur die dag moet kom.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

As jy daaraan dink om na ’n ver plek te gaan, is vandag die dag om dit te doen of die bespreking te maak. Daar kan oponthoude wees, maar jy is daaraan gewoond. Die meeste mense verwag oponthoude tydens langafstandreise en berei daarop voor.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Jy ontvang ’n rekening al het jy gehoop daar is daarvan vergeet. Dit het waarskynlik met jou huis en die jaarlikse uitgawes vir grond en eiendom te doen. Jy hoor ook van iemand wat wil praat oor geld wat geskuld of benodig word.