JOU DAG

Streef vandag na samewerking.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is vriendelik en simpatiek, maar dis nie jou taak om almal te red nie. Dis baie beter om hulle te help om hulself te help. Leer om met die lewe se onsekerhede saam te leef.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Die Ram kan baie aggressief voorkom en ander so afskrik. Hoe meer ontwrigting jy veroorsaak, hoe moeiliker sal die dag wees. Die Weegskaal-maan moedig jou aan om met ander saam te werk en hulle in te sluit.

BUL 21 Apr.-21 Mei

As jy in ’n verhouding is, is dit ’n wonderlike tyd om jou verbintenis met jou maat te versterk. Is jy moeg van enkellopend wees? Jy voel dalk aangetrokke tot iemand ouer en wyser as jy.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Oorywerige Tweelinge voel baie rusteloos. Jy wil jou eie ding doen, maar wees bedag daarop dat jou optrede die mense om jou beïnvloed. Beleef ’n avontuur saam met ’n kind, tiener of vriend.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Jy is in die bui vir doen-dit-self-projekte. Jy verf, poets, ontwerp, maak tuin, maak skoon en kook. Jy kan verwag om gespanne te voel omdat jy probeer om professionele en huishoudelike verantwoordelikhede te balanseer.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Die son dans deur jou teken tot 23 Augustus. Dit is dus tyd om te sprankel en skyn. Sê hoe jy voel en vermaak ander deur jou lang lys talente vir die wêreld te wys.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Vandag sal goed uitwerk as jy groepsaktiwiteite en tyd alleen balanseer. Goeie alleentyd is goed vir jou, want jy verslap die pas en herlaai die batterye.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Jy moet meer gedissiplineerd met jou geld wees. As jy uitspattig of onverantwoordelik met jou geld of kredietkaart werk, sal jy die gevolge moet dra.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Met Saturnus wat stadig deur jou teken beweeg is jy baie puntenerig om ’n professionele beeld uit te straal. Maak net seker jou werk is van net so ’n hoë standaard as waarop jou voorkoms dui.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Vat dinge stadiger. Staan tyd af om die mense, plekke en dinge wat vir jou belangrik is te waardeer. Die son en Mercurius dui op reis en opleiding in die volgende paar weke.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Kollegas maak op jou staat om die leiding te neem. Dit sal nie so goed in jou persoonlik lewe werk om die baas te wees nie. ’n Geliefde smag na meer onafhanklikheid. Maak seker jy slaan ag op hul behoeftes.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Jy is in die bui om omstrede goed kwyt te raak net omdat dit pret is – en om ander se reaksie te sien. Is dit so ’n goeie idee? Vind ander maniere om jou vandag te vermaak.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Jy moet vandag duidelik en reguit in jou onderhandelings wees. Moenie oorversigtig wees nie. Die omstandighede is goed vir vriendskappe, groepsaktiwiteite en om te netwerk.