Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Teen die einde van die jaar is jou motto dalk dat die bes beraamde planne kan skeefloop. Die grootste guns wat jy jouself kan bewys, is om altyd ’n plan B te hê en nooit sonder een voort te gaan nie. Dis andersins ’n uitstekende jaar.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Dié persone kan die indruk skep dat hulle dromerig en van hierdie wêreld verwyder is, maar agter daardie dromerige oë is ’n vlymskerp verstand. Hierdie persoon hou baie van fisieke sport en buitelugaktiwiteite.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Daar is sterre wat probleme met geldsake kan inhou. Met hierdie sterre is daar beslis ’n moontlikheid dat jy ingeloop kan word. Onthou dit heeldag en as jy besluit om iets te koop, maak seker jy kyk eers ’n bietjie rond vir die beste prys.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Vandag is die omstandighede reg vir verwarring en irritasie. Jy voel geïrriteerd met jouself omdat jy jou teleurstel en toelaat dat iemand jou ’n rat voor die oë draai of dat hulle jou verwar of disoriënteer.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jou sterre vir vandag neem jou gedagtes na dinge in die verlede, veral foute wat jy gemaak het of sake wat jy sleg hanteer het. Die verlede is verby en jy kan die foute van destyds hoegenaamd nie nou regstel nie. Moet dit net nie herhaal nie.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Daar is baie goeie sterre vir ’n kuier saam met vriende en kollegas. Dit lyk asof die sterre ’n aanduiding is van ’n partytjie of samekoms waar daar fisieke aktiwiteite, soos sport of iets energieks, is.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Jy sal gevra word om iets aan die gang te kry. Gewoonlik kom daar saam met hierdie sterre ’n hupstoot vir jou ego ook. Jy sal dus tevrede wees om dit te doen. Die grootste vangplek is, enige bevordering wat uit dié aktiwiteit vloei, sal nie juis ’n groot een wees nie.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Daar is goeie sterre vir reis, veral op water. Omdat jy ’n waterteken is, neem ek aan die vooruitsig van ’n vaart en romantiese nagte op die oseaan sal vir jou vol belofte wees. Sake lyk goed.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Vandag is daar ekstra uitgawes. Dit alleen is sleg genoeg, maar die bedrieglike Neptunus is ook hier betrokke. Die kans is dus goed dat ’n inlopery jou geld kan kos. Gaan alle rekeninge na en tel die getalle op.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Daar is goeie sterre vir die huwelik en intieme verhoudings. Die kans op ’n namiddagkuiertjie lyk goed. Hoekom kyk jy nie of jy vir middagete by die huis kan wees nie? Met hierdie sterre weet mens nooit.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Wees versigtig met warm, skerp of giftige toestelle. As jy jou sny, maak die wond skoon en plak ’n pleister op om seker te maak dit bly skoon. Wees ook versigtig met kos en drinkgoed. Bly by die eenvoudige, vars goed.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Vandag heers liefde en romanse. Daar is ongelukkig werk wat jy eers moet doen. Handel dit af en spits jou dan daarop toe om ’n romantiese atmosfeer vir jou en die spesiale persoon in jou lewe te skep. Die sterre sal jou gelukkig maak.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jy beëindig iets – of sal jy? Met hierdie sterre sal jy waarskynlik voel dinge eindig. Jy gaan voort en aanvaar dis klaar, maar iets daarvan kom terug en veroorsaak probleme. Jy besef dit was toe nie klaar nie.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

As jy vandag enigsins reis, moet jy seker maak al die besonderhede is reg. Jy dink dalk jy het die regte adresse, maar daar is ’n goeie kans dat dit nie reg is nie. Dit sal nogal ’n verleentheid wees as jy uitvind jy was verkeerd.