Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Dit sal ’n goeie jaar wees, veral in die opsig van vennootskappe, verhoudings en hoe die buitewêreld jou raak. Daar sal misleiding wees wanneer iemand jou probeer bedrieg, maar meestal is dit ’n tydperk waarin jy gelukkig is.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone sal intelligent en vrolik wees. Hulle sal nogal verbeeldingryk wees in alles wat hulle doen. Hulle stel belang in die verhoog of rolprentwese en omdat hulle aantreklik is en talent het, sal hulle goed vaar en aansienlike gewildheid geniet.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Jy het goeie sterre vir reise oor ’n kort afstand. Dit beteken waarskynlik jy kry wat jy wil hê, sonder baie moeite, en jy geniet dit selfs om van plek tot plek te gaan en vrae te vra. Daar sal goeie nuus van of oor ’n familielid wees.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Daar is onverwags ’n rekening om te betaal. Dit het met dinge in die verlede te doen. Dalk moet jy jou kredietkaart betaal en vir iets wat jy in die Kerstyd gekoop het. Wat ook al dit is, dit sal ’n bietjie seermaak.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy begin iets wat nogal nuut vir jou is. Dis nie ’n sprong in die duister nie, maar iets wat vaardighede behels wat jy met die jare bemeester het. Tree vinnig op, maar nie so vinnig dat jy foute begaan nie.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Vandag kan daar ’n klein bevordering wees, maar as dit kom, sal dit nie ’n wafferse een wees nie. Dis waarskynlik net dat jy ’n taak moet afhandel wat deur iemand anders begin is.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Daar sal praatjies wees oor ’n buitelandse reis en vir sommige Krewe sal dit ’n reis na ’n plek by die water wees. Dis ’n soort reis wat jou sal pas, maar tydsberekening is ’n probleem. Jy kan vandag dié probleem oplos.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jou gedagtes moet by die werk wees, maar dis op ’n ander plek. Ek sê nie waaroor jy dink nie, maar jy kan dié probleem oplos met koue storte en suiwer gedagtes. Fantasieë kan die lewe interessant maak.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Dikwels bring die sterre wat jy het, nuus van ver en baiekeer oorsee. Gewoonlik is dit goeie nuus, maar daar is faktore hier betrokke waarvan jy nie weet nie. Moet dus nie aannames maak nie; delf diep vir die feite.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Vandag is daar uitgawes wat jy gedink het betaal is. Gaan die feite en syfers na, want daar kan ’n bedrieëry wees. Dis dalk nie doelbewus nie, maar die bedoeling is nie die kwessie nie; dat jy twee keer betaal is wel.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Daar is lekker sterre vir romanse. Is dit nie altyd so nie? Jy het oor die naweek middelmatige sterre vir die liefde en wanneer jy by die werk is, goeies en dan kan jy niks daaraan doen nie. Murphy se wet kan wreed wees.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Iets by die werk of huisverbeterings sal eindig. Dis iets waarvoor jy gewag het; dus is daar rede vir viering. Jy sal egter nie lus voel om fees te vier nie, want jy moet soveel dinge opnuut deurdink.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Dit lyk of jy meer as gewoonlik rondhardloop. Dikwels behels die sterre wat jy het, opdragte. Dit kan iets wees wat vanoggend gevra word ¬– iets wat jy nie voorsien het nie, maar jy doen dit in elk geval.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Febr.)

Die begin van ’n nuwe week bring die begin van iets wat jou geldsake behels. Jy moet kyk wat jou geldelike situasie is en of jy die dinge wat jy dié week wil koop, regtig kan bekostig.