Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar gaan jou geldsake verbeter. Terselfdertyd gaan jou aansien in die algemeen verbeter. Jy gaan groot bedrae geld hanteer. Daar gaan klein oorwinnings wees.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hulle het ’n goeie verstand en die vermoë om die geheelbeeld te sien. Hulle gaan goed vaar in ’n werk waarin vooruitsiendheid en die begeerte om uit te brei noodsaaklik is. Hulle is eerlik en reguit. Hulle gaan die feite van ’n saak oorweeg en met integriteit optree.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Sake gaan begin reg loop vir jou en jy gaan tevrede voel. Dit beteken nie jy kan laat slaplê en maar net Gods water oor Gods akker laat loop nie; die leeu moet steeds in beheer wees.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Vandag raak Jupiter bedrywig in jou 12de hoek. Dit hou verband met gebeure uit die verlede, maar Jupiter is ’n welwillende planeet; goeie dade van destyds kom jou nou goed te staan.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Jy het die dag goed begin met ’n projek wat op die oog af net nie wou klaarkom nie. Die goeie nuus is dat jy die projek afhandel en dit aan al jou verwagtinge voldoen. Dit maak vandag ’n taamlik spesiale dag.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy gaan in ’n goeie bui wees om die dag te begin en in ’n selfs beter bui om dit af te sluit. Dit wys net hoe afhanklik jy is van goeie dinge wat om jou gebeur. Die aand bring veranderde omstandighede.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Die tyd is geleë om belangrike mense te nader, veral as hulle ver van jou af woon. Met hierdie sterre kan jy selfs reisplanne maak om ’n eksotiese plek soos Parys te besoek.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Vandag lyk goed vir groepsaktiwiteite, maar veral vir gedeelde geldsake. Dit beteken nie jy kan ’n blinknuwe Rolls-Royce gaan koop nie, maar jou geldsake gaan van nou af effe beter lyk.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Die welwillende Jupiter word vandag in jou hoek van die huwelik en intieme verhoudings geaktiveer. Dit is ’n lieflike sterpatroon, want dit bring nuwe, uitstekende toestande wat net jou lewe makliker kan maak.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Vandag bring ’n klein gesondheidsprobleem. Dit het dalk te doen met wat jy gister of gisteraand gedoen of nie gedoen het nie. Gelukkig gaan hierdie sterre gou verdwyn en sal jy gou weer jou ou self wees.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Die gelukkige Jupiter in jou hoek vir die liefde en romanse gaan al die vreugde en plesier bring wat jy op een slag kan hanteer. Daarby lyk sake goed vir die huwelik en vennootskappe. Dit is die begin van iets goeds.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Daar is goeie sterre vir dit wat verband hou met die huis en gesinsake in die algemeen. Die tyd is geleë om ’n paar van die takies aan te pak wat jy gedurig vermy. Hoekom vra jy nie ’n familielid moet hand bysit nie?

TWEELING (21 Mei.-21 Jun.)

Daar is goeie sterre vir reis, veral kort reise. Hierdie sterre strek tot jou voordeel en sal jou mettertyd aanspoor tot iets groters en beters. Jy kan ook die een of ander vaardigheidstoets slaag.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Eindelik het jy goeie sterre vir geldsake. Hierdie sterre gaan jou nie skatryk maak nie, maar jy gaan ’n iets ekstra in jou beursie hê. Daar is ook goeie sterre vir tyd deurbring saam met geliefdes.