Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Jy kyk na jou lewe en besluit om ’n einde te maak aan sekere situasies en omstandighede. Dit is ’n jaar waarin jy ontslae raak van al die rommel in jou lewe. Dit is die begin van ’n nuwe bestaan.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Dit is ’n intense mens. Hulle sal diep, blywende gevoelens hê vir familie en vriende en sal tot die verdediging kom, al is daar nie ’n groot behoefte daaraan nie. Hulle sal ook beskermend wees teenoor vroulike familielede.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Jy sal geneig wees om aan huissake te dink. Jy dink meestal aan hoe jy dinge kan rondskuif om die plek meer na jou smaak te verander, en spesifiek om alles meer gebalanseerd te maak. Tipies Weegskaal.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Dit beloof om ’n besige dag te wees. Jy sal jou roetine moet aanpas en van plek tot plek gaan, want al manier waarop jy dinge gedoen kan kry, is om self daar te wees en seker te maak mense verstaan.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Die een of ander burokratiese gemors staar jou in die gesig, al stel hulle jou gerus dat hulle net aan jou eie welstand dink. Die moeilikheid is, jy weet dis nonsens, maar daar is nie ’n manier om dit te vermy nie.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Dit is ’n dag waarop jy hoog mik. Die sterre wat hierdie houding bring, is goed; as jy dus hoog mik en dapper optree, behoort jy goed te vaar. Dit is beter om jou planne stil te hou.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy of iemand anders het ’n ruk gelede gefouteer en jy wy ’n deel van jou dag daaraan om die fout uit te sorteer en te korrigeer. Dit is nie iets groots vir jou nie, maar iemand sal van dié molshoop ’n berg wil maak.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Iets wat jy graag wou hê, gebeur. Dit is eintlik iets kleins, maar jy sal jou daarin verlekker. Dis iets wat jy al lank wou hê, maar jy het nooit die tyd gehad om dit ’n werklikheid te maak nie.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Soms lei vandag se sterre daartoe dat jou aansien by die werk styg, maar as dit ’n bevordering is, is dit gewoonlik nie die ware Jakob nie. Doen jou bes en moet jou nie te veel inspan nie, dan sal niemand ontsteld raak nie.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jou gedagtes is by vergeleë plekke. Met vandag se sterre is dit as gevolg van verskeie redes. Dit is meestal omdat iemand na aan jou óf weggaan óf reeds weg is en kontak maak met jou. Jy kry goeie nuus.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

Vandag kry jy ’n rekening wat jy min of meer verwag het, maar dit is steeds onwelkom. Dit is waarskynlik ’n jaarlikse rekening en jy weet dit kom nou, maar dit is steeds ’n skok. Dok maar op.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Daar is goeie sterre vir werk saam met ’n groep of vennoot. Dit is beslis nie ’n tyd om alleen te werk nie. Dit is nie dat jy nie self kan regkom nie, daar is net te veel wat voor die einde van die dag afgehandel moet word.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Moet jou nie bekommer as jy effe olik voel nie. Met hierdie sterre sal jy binnekort weer soos jou ou self voel. Dit is ’n dag waarop mense meer as gewoonlik omgee, wat lekker is.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Daar is goeie sterre vir liefde en romanse, wat dit ’n jammerte maak dat dit nie naweek is nie. Maar die liefde sal ’n manier vind; gebruik hierdie sterre en beplan ’n romantiese ete vir twee.