Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Jy het uitstekende sterre vir die komende jaar. Met hierdie sterre sal omtrent elke aspek van jou lewe verbeter, veral jou nabye verhoudings en vriendskappe. Jy sal mense wat nie tot jou lewe bydra nie uit jou lewe sny.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

In hul jong dae is dié mense intens. Hulle is geneig om maklik ontsteld te raak en moet hulself staal om te oorleef. Hulle is ook baie aantreklik en het ’n baie aangename persoonlikheid.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Venus is vandag in jou tweede hoek en bring goeie nuus oor geldsake of persoonlike besittings mee. Moenie dink dit gaan jou ryk maak nie. Venus is nie so nie, maar daar is wel goeie nuus wat jou sal bly maak.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Die goeie nuus vandag is Venus is aktief in jou teken. Dit beteken jy het goeie sterre om mooi items te koop of te verkoop en vreemd genoeg, goeie sterre vir jou algemene voorkoms.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Sake lyk goed en jy behoort ’n aangename tyd te beleef deur dit te doen wat vir vandag beplan is. Die vlieg in jou kosmetiese salf is dat vir iemand sê jy voel en lyk goed en dat iemand hul bes doen om jou hard aarde toe te bring.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Venus is in jou elfde hoek en dit behoort ’n spesiale harmonie om jou te skep. As jy hierby voeg dat jy van die dinge kry wat jy wou hê, lyk dit of die week goed eindig.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Daar is goeie sterre vir jou aansien en ego. Dinge gebeur uit die bloute en jy kry van verskeie mense welverdiende lof. Jy kry die kans om vir die naweek reëlings te tref.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Vandag het jy positiewe gedagtes en kry jy goeie nuus oor en van mense op ver plekke. As jy daaraan dink om binnekort na die een of ander oorsese plek te gaan, sal jy vandag ’n finale besluit neem. Die vraag is nou: hoe betaal jy daarvoor?

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Daar is goeie sterre vir gesamentlike geldsake en projekte. Dit kan beteken jou bankbalans verbeter en jy koop iets wat albei wil hê – iets wat eerder mooi as bruikbaar is.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

As Venus in jou hoek vir die huwelik en intieme verhoudings is, is dit goed vir enige intieme aktiwiteit met ’n geliefde of maat. Daar is ook goeie sterre vir werk saam met iemand van wie jy hou en om die onmoontlike te bereik.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy het Venus, die godin van liefde en passie, in jou hoek vir werk. Dit kan bloot beteken jy geniet die werk wat jy doen. Vandag kan daar ’n aanbod wees wat jy nie maklik kan weier nie. Dink voor jy reageer.

VISSE (20 Feb.- 20 Mrt.)

Venus, die godin van liefde, is geaktiveer in jou hoek vir liefde. Passie is ’n goeie resep vir liefde. Vir party Visse beteken dit ’n middagkuiertjie, maar vir die meeste dui dit op ’n intieme ete vir twee. Dis ’n uitstekende manier om die week mee af te sluit.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Die omstandighede is goed vir werk aan die huis. Die take wat jy onder hierdie omstandighede self kan aanpak, sal meestal wees om die voorkoms of dalk die algehele gemak en harmonie van jou huis te verbeter. Jy voel vandag gelukkig.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy kry goeie nuus van of oor ’n familielid of bure. Soms dui hierdie sterre op nuus oor ’n geboorte of dalk ’n swangerskap. Wat ook al dit is, dit sal jou gelukkig laat voel. Dis moontlik dat jy op klein skaal kan wen.