Wat die sterre voorspel met Arthur Bowman:

VERJAARDAGVERSLAG:

Jy het uitstekende sterre vir vanjaar. Hierdie sterre lei dikwels tot skielike gelukslae en meevallertjies. Dis dalk slim om gereeld loterykaartjies te koop. ’n Mens kan die sterre wat jy het in een word opsom: sukses. Geniet dit!

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone is gewoonlik gelukkig en talentvol. Sukses is dus byna verseker. Hulle is oopkop en kan uit die boks dink. Hul belangstellings is die wetenskap, fisika en enigiets ongewoon.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Vandag heers goeie omstandighede vir geldsake en om invloed by die werk te hê. Party Krewe is ’n klein bevordering beskore en hulle sal as uitvloeisel daarvan ’n bietjie meer betaal word. Dis ’n goeie manier om die week te begin.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy kry goeie nuus en waarskynlik kom dit van ver. Dis moeilik om te sê presies wat die nuus is, maar dit hou materieel voordeel in. Dalk laat ’n familielid van Adam se kant op ’n ver plek vir jou geld agter. Dis mos nou ’n lekker droom op ’n Maandag.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Sake lyk heel goed, maar dit lyk of jy ekstra rekeninge ontvang. Dit kom van ’n groot firma of dalk selfs die regering. Maak nie saak wie die rekeninge stuur nie, jy sal nie beïndruk wees nie en wie kan jou blameer?

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Iets wat jy wou hê, sal gebeur. Dis nie so belangrik nie, maar sal jou en ’n maat behels. Jy sal dit dus saam met iemand kan geniet. Daar word nog oor ’n langafstandreis gepraat.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Werk- en loopbaansake lyk goed al is dit Maandag. Ek sê nie jy sal die baas word nie, maar jy sal wel die leer klim, en dis beter as om ’n trappie te daal.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Sterre van geluk skyn vandag. Hierdie sterre kan een of twee of dalk sommer ’n rits goeie dinge meebring. Dikwels sal die sterre jou op klein skaal laat wen. Onthou net, dit sal regtig baie klein wees. Een kaartjie is dus genoeg.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Iets eindig. Dit sal jou gesamentlike geldsake raak, maar jy gee nie om nie. Dikwels bring hierdie sterre mee dat die een of ander toestel weggegooi moet word en dan moet jy betaal om dit te vervang.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Vandag is daar goeie sterre vir sake wat met reis te doen het. Dalk besluit jy om ’n nuwe voertuig te koop. Of daar moet aan jou huidige ryding gewerk word en dit kos minder as wat jy verwag het. Die ou tjor lyk dan sommer weer vir jou so goed as nuut.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Daar is goeie omstandighede wat jou hoek vir werk en jou hoek vir geldsake beïnvloed. Dit beteken jy sal op albei gebiede voordeel trek. Soms dui dit op ’n bevordering en jy verdien ’n bietjie meer, wat altyd lekker is.

RAM (21 Mrt.-20 Apr. 20)

Jy het baie goeie sterre vir liefde en romanse. Is dit nie altyd so nie? Jy het die middelmatige sterre in die naweek wanneer jy kan doen met goeie sterre vir die liefde, maar jy kry daardie sterre wanneer jy moet werk.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Vandag is daar ’n begin en einde. Dis geen probleem nie, want op ’n manier behels dit werk in die verlede. Dalk moet jy iets wat jy ’n rukkie gelede gedoen en reggemaak het weer doen, maar kan jy nog onthou wat jy gedoen het?

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Daar is goeie sterre om tyd saam met vriende en familie deur te bring. Gewoonlik kan die kombinasie vermoeiend wees, maar nie met hierdie sterre nie. Moet net nie sake te ver of te veel in ’n rigting dwing nie. Laat mense toe om hul eie pas te vind en daarby te hou.