JOU DAG

Probeer om sake logies te deurdink.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is dinamies en ambisieus, maar dis ook belangrik om tyd opsy te sit vir gereelde ontspanning en verkwikking anders kan jy later aan uitbranding ly.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jou lewe is ongelooflik bedrywig, maar moenie te trots wees om hulp te vra wanneer jy dit nodig het nie – en moenie opbouende kritiek persoonlik opneem nie. Dis uit om baasspelerig te wees en in om as ’n span saam te werk.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Wat ’n moeilike verhouding betref: Daar is geen beter manier om dit te hanteer as om by die betrokke persoon te sit en lank te praat nie. Dit sal sekerlik help as jy sake vanuit hul oogpunt kan beskou.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Kommunikasie met ’n kind, tiener of vriend vandag sal aangenaam en produktief wees. Die omstandighede is ook goed vir geldsake en jy word meer ingelig en proaktief daaroor.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Jy is gretig om in te spring en ’n vriend of familielid te help wat deur ’n moeilike tyd gaan. Maar moenie meer tyd, energie, kundigheid of geld belowe as wat jy regtig kan gee nie.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Dis ’n wonderlike dag om op ’n verskeidenheid maniere met ander kontak te maak. Of jy nou praat, SMS of twiet ¬– bly op hoogte van wat familie, vriende, kollegas en oorsese kontakte doen.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Dis die perfekte dag om hard te werk, te kommunikeer, rond te gaan en skeppend te wees. Staan tyd af vir ’n diep en betekenisvolle gesprek met ’n familielid, buurman of naby vriend.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Die Weegskaal is mal oor luukses en om inkopies te doen. Maar neem jou tyd wanneer jy iets duurs moet koop. Jy besef dalk nadat jy daaroor gedink het dat dit nie regtig nodig is om dit te koop nie.

SKERPIOEN 23 Okt.-22 Nov.

Jy het die mag om ander vandag te beïnvloed – op ’n positiewe of negatiewe manier. Probeer ontspan en oordink dinge. Hoe meer gespanne jy is hoe meer sal jy jou oor mense en sake kwel.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Jupiter beweeg deur jou sone vir aspirasies. Stel dus vir jou doelwitte – so groot en duidelik as moontlik. Jy word net deur die ruimte van jou verbeelding en die grootte van jou drome beperk.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Het jy verhoudingsprobleme? As jy aanhou doen waarmee jy besig is, sal jy aanhou kry waarmee jy nou opgeskeep sit. Is dit dalk tyd vir ’n meer proaktiewe benadering?

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Maak die meeste van jou bates terwyl jy probeer balanseer om doeltreffend te werk, goed te eet, te oefen en te ontspan. Hoe meer jy in die huis help hoe beter sal die dag wees.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Dit is tyd om naby jou geliefdes te wees en persoonlike sake te bespreek omdat jy oor ’n huidige situasie bekommerd is. As jy by ’n groep, klub of organisasie betrokke is, kan jy verwag dat sake intens sal raak.