Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Jy het vanjaar uitstekende sterre. Jou verhoudings is in ’n baie gelukkiger fase. Jy kry eindelik soveel terug as wat jy gee. Jy sal belangrike dokumente en ooreenkomste onderteken.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Die eerste wat mens oor hierdie persone opmerk, is hul mooi voorkoms. Hulle kan maklik geld verdien met hoe hulle lyk. Die sterre wys hulle is slim ook, maar hulle is oorhaastig waar ander versigtig is.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Soms moet ons almal ’n bestekopname doen van wat met en om ons gebeur. Nadat ons dit gedoen het, moet ons die beste aksieplan uitwerk. Dis hoe jou lewe tans is.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Om die een of ander rede sal jy die grootste deel van vandag droom. Met Visse is die rede gewoonlik dat hulle van nature dromerig is. Kom ons hoop iets bruikbaars en belonends kom van jou dromery.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jy het goeie sterre om sosiaal te verkeer met vriende en kollegas. As jy nie nou saam met hierdie mense is nie, sal jy hulle binnekort kontak en planne maak om ’n byeenkoms by te woon waar julle saam is.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Vandag is daar nuus oor ’n prestasie. Dis nie duidelik wie wat bereik het en waarom nie, maar dit lyk asof jy op ’n betekenisvolle wyse betrokke was. Kan dit wees dat jy vereer word omdat jy die wiel herontwerp het? Welgedaan, Bul.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Jy het die afgelope tyd van jou stil tydjies gebruik om ’n paar doelwitte te stel. Die goeie nuus is, vandag is jy gereed om hierdie doelwitte te bereik of ten minste van die doelwitte wat makliker bereikbaar is. Begin met die maklikes.

KREEF (22 Jun.- 23 Jul.)

Vandag is daar uitgawes wat jy nie nodig het of wil hê nie. Daar is nie veel wat jy daaraan kan doen nie. Jy sit daarmee opgeskeep. Jy kan dit netsowel betaal en niks verder daaroor sê nie. Kan dit ’n oorblyfsel van jou Kersinkopies wees?

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jou gedagtes draai om vennootskappe en intimiteit, en waarom nie? Jy is die Leeu van die diereriem en katte het ’n reputasie wat hulle moet gestand doen. Die goeie nuus is dit kan pret wees. Geniet dit!

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Vandag is daar aktiwiteit wat troeteldiere of klein diere behels. Dalk neem jy Wagter of Sokkies veearts toe of dalk kom jy op die pad op ’n beseerde wilde dier af en bring hom na ’n veearts.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Mercurius in jou hoek vir die liefde en toegeneentheid bring ’n goeie atmosfeer vir hierdie dinge. As niks gebeur nie, sal jy minstens pret hê deur te praat oor wat kon gebeur het of wat nog kan gebeur – eendag.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy dink daaroor om iets te beëindig. Dit sal ’n effense probleem vir jou wees, want wat jy ook al wil beëindig, het ’n ruk goed gewerk en jy wonder of dit weer sal.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Gedagtes oor reis en omstandighede op veraf plekke maal vandag in jou kop. Jy dink veral oor hoe jy gaan reis – per boot, vliegtuig of trein. Dis ’n dilemma, maar ’n lekker een.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jy is angstig oor geldsake en persoonlike besittings. Met hierdie sterre is dit moontlik dat iets gebreek het en jy sit met die probleem om dit te vervang teen die geringste koste.