Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar is jy by regsake betrokke. Moenie jouself verteenwoordig nie; raadpleeg ’n kenner om seker te maak sake word regverdig opgeklaar. Vanjaar beloof ook baie harde werk, maar met billike en regverdige vergoeding.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hulle gaan ’n uitstekende verstand hê. Hulle sal geneig wees om rusteloos te wees en sal elke situasie vinnig en akkuraat snap. Hulle gaan ’n invloedryke spreker en skrywer wees; dus gaan baie mense op hulle steun.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy gaan met ’n paar goeie werk-idees vorendag kom. In ’n sekere opsig behels dit siek mense. Dalk dink jy aan ’n oplossing wanneer een of meer van jou kollegas siek raak. Klein diere gaan ekstra sorg verg.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Die liefde en romanse lyk belowend. Dis lekker om te weet mense het jou nodig, maar dit gaan niks help as jy nie ’n klein geleentheid of dalk ’n romantiese aand vir twee kan reël nie.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Jy het vandag vreemde sterre. Dit is asof jy in die geheim optree en inligting aan iemand deurgee wat iets daaromtrent doen. Maak seker niemand kry seer of word omgekrap nie.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy kry iets wat jy wou hê. Dit gaan verband hou met reis of die een of ander soort kommunikasie. Dalk kry jy iets wat jy wou hê vir jou stokperdjie, iets betreklik duur.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Vandag is goed vir werk en geldsake. Dit beteken daar is ’n iets ekstra op jou salaristjek of jy kry ’n klein bevordering sodat jou salaris voortaan ’n bietjie hoër gaan wees.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jy gaan geneig wees om meer intens as gewoonlik te wees. Dit hou verband met reis of dalk met mense op afgeleë plekke. Jy kort ’n vriend wat jou groter duidelikheid sal help kry.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy begin die dag gelukkig in die wete dat jy ’n bietjie voor is sodat jy rustig deur die dag kan kom. Ongelukkig is jou voorsprong klein, en wanneer die baas jou sien ontspan, gee hy of sy jou ekstra werk.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Iets wat jy wou hê, iets rakende ’n vennoot of maat, gaan vandag gebeur. Ek dink nie jy gaan in die wolke wees daaroor nie, maar jy gaan taamlik gelukkig wees. Dit gaan ’n ruk lank so aanhou.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Die hoek van jou loopbaan en van jou werk kom op dreef. Hierdie twee hoeke gaan die een of ander bevordering meebring, maar dalk is dit nie wat jy verwag het nie of dit gaan eers later gebeur.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy wil vroeg wegspring en deur jou etensuur werk. Dis omdat jy later in die dag taamlik spesiale sterre vir die liefde het; dus moet jy vroeg by die werk klaar wees sodat jy die regte stemming by die huis kan gaan skep.

TWEELING (21 Mei.-21 Jun.)

Jy sal dit oorweeg om iets te beëindig, maar ’n vennoot gaan minder geesdriftig wees. Dit kan dalk lei tot die een of ander geldelike reëling waar jy ’n rukkie moet wag en dan jou planne in die werk stel.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jy kry goeie nuus oor wat jou maat doen. Dit gaan dalk verband hou met ’n stokperdjie of belangstelling, maar in ’n sekere opsig gaan dit julle albei betrek. Dit is belangrik om jou maat te ondersteun wanneer dit sleg gaan met hom of haar.