SATERDAG

JOU DAG

Die son en Saturnus se ligging bring mee dat jy vinniger ongeduldig en geïrriteerd word.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is sorgsaam en lief daarvoor om ander te help, maar kan ook baie krities teenoor jouself wees. Leer in die volgende 12 maande om ’n groot aanhanger van jouself te wees.

SONDAG

JOU DAG

Moenie vandag meer belowe as wat jy kan doen nie.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is intens en ambisieus en koester groot drome. Maar moenie so besig wees met jou wonderlike toekoms dat jy nalaat om vriendelik te wees nie.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Die naweek word jou behoefte aan spoed in toom gehou en dit voel of alles teen ’n slakkepas gebeur. Jy sal waarskynlik geïrriteerd en gefrustreerd voel, veral met ’n kind, tiener of vriend.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Intieme verhoudings kan gekompliseerd wees omdat dit lyk of nie een aan die ander se verwagtinge kan voldoen nie. Baie geduld is nodig om nie teen die einde van die naweek seergemaak te voel nie.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

As jy nie behoorlik verduidelik wat jy wil hê nie, kan jy verwag dat daar probleme met kommunikasie sal wees omdat ander jou planne sal teenstaan. Jy sal jou idees geduldig en prakties moet verduidelik.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

As jy op ander staatmaak om jou die naweek aan te moedig en te ondersteun, sal jy teleurgestel word. Hulle het hul eie probleme om te hanteer. Jy sal selfstandig moet wees.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jou verhoudings met familie sal die naweek frustrerend wees. Hoe meer jy ander probeer aanjaag, hoe meer sal hulle daarteen skop. Die les wat Leeus tans moet leer is om geduldig te wees.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Moenie jouself of ander te swaar oordeel nie. Jou strewe na volmaaktheid sal vol frustrasies wees. Ontspan en vat dinge soos dit kom. Jy moet so gou moontlik aan voertuigprobleme aandag skenk.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Benader sake die naweek stadig en versigtig, veral geldsake. Sorg dat daar genoeg tyd is om take te voltooi omdat daar oponthoude en vertragings sal wees.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Met die son en Saturnus wat skynbaar teen jou is, is die kanse goed dat jy gefrustreerd en ongeduldig oor iets sal wees. Die beste manier om dit te hanteer, is om tot tien te tel en aan te beweeg.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Lyk dit asof die gaping tussen jou drome en jou daaglikse realiteit ongelooflik groot is? Onder die oppervlak is daar wel vordering. Wees net baie geduldig, Boogskutter.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Jy het die naweek goeie sterre om ’n stadige pas te volg, hope geduld te hê en te volhard – en dit pas jou, behalwe vir ’n groot doelwit of droom wat vir eers moet wag.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Jy is haastig om take af te handel, maar moenie verras wees as afsprake vertraag of op die nippertjie gekanselleer word nie. Hoe meer buigsaam jy is, hoe beter sal die naweek wees.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Jou entoesiasme en energievlakke is laag omdat Saturnus alles stadiger maak. Probeer om gestruktureerd en gedissiplineerd te wees, al is dit nie jou sterkpunte nie, want dan sal die naweek meer hanteerbaar wees.