Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

In die komende jaar sal jy met ’n paar goeie idees vorendag kom wat jou finansiële posisie verbeter. Jy sal hierdie planne uitvoer en heel goed daarmee vaar. Daar is ook goeie sterre vir reis.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Die sterre vir hierdie kind sal neig na algemene sukses en die versameling van geld en waardevolle items. Onder druk sal hulle helder en akkuraat kan dink. Hulle sal ’n groot vriendekring hê.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Vandag se sterre veroorsaak dat jy dit oorweeg om van jou aktiwiteite te staak. Dit is dalk ’n stokperdjie of belangstelling wat sy aantrekkingskrag verloor het en jy wil dalk eerder iets beters op die proef stel. Dink mooi voor jy optree.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy sal sien jy werk min of meer op die agtergrond, maar dit wat jy doen, trek steeds die aandag van dié om jou. Daar is dalk selfs ’n aanbod om iets meer gevorderd op ’n meer permanente basis te doen.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jy sal vandag baie peins en wens. Jy sal oor ’n paar dinge – onder meer ’n oorsese reis – droom. Daar is ook iets met die huwelik of intieme verhoudings te doen het.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jy besef jy dink ernstig na oor iets wat eintlik iemand anders se probleem is. Dit is ongewoon vir jou; jy hou daarvan om mense hul eie probleme te laat oplos. Jy het genoeg van jou eie.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Daar is sprake van iemand wat weggaan, of dalk is iemand reeds weg en hy of sy sal met jou in aanraking kom. Hoe dit ook al sy, jy sal gelukkig wees met wat besluit is.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Vandag bring nuus van ’n uitgawe waarvan jy nie wil weet nie. Dit is ’n beproewing, want jou bankbalans daal al ’n ruk lank en dit begin jou nou bekommer. Alles sal reg uitwerk.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jou maat of iemand na aan jou sal jou laat weet hulle dink jy is wonderlik. Jy het dit nog altyd geweet, maar dit is lekker om dit te hoor, al hoor jy dit oor en oor. Kan dit wees dat die lente jou inhaal?

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy sal daaraan moet werk om ’n probleem by die werk op te los. Dit beteken dalk jy moet ’n projek afhandel wat iemand anders begin het, maar nie kon voltooi nie omdat dit vir hulle te ingewikkeld was. Die Bul moet tot die redding kom.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

Jy kyk om jou en is verbaas oor hoe aantreklik sommige mense is. Wat jou die meeste sal verbaas, is dat jy dit nou eers oplet. Dit wys net dat sommige mense by die dag aantrekliker raak.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jy oorweeg dit om iets stop te sit sodat jy op belangriker dinge kan konsentreer. Dit lyk of daar ’n finansiële element is wat mense tot nou geïgnoreer het.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy wil groei, maar kommunikasieprobleme kan opduik en dinge sal dus nie so ver of vinnig kan uitbrei soos wat jy graag wil hê nie. Dalk moet jy jou probleme met ’n familielid bespreek. Dit kan nie skade doen nie.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

In almal se verlede is daar dinge waarop hulle nie trots is nie, dinge waar onbesonne optrede mense seergemaak het. Vandag duik een of twee van hulle op. Wie seergekry het en wie dit veroorsaak het, is onbekend.