Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:Vanjaar dui alles op bedrog. Ongelukkig sal daar misleiding in die meeste areas van jou lewe wees. Jy sal selfs swaarkry weens selfbedrog. Benader elke vreemdeling as ’n skurk totdat hulle bewys het hulle is eerlik.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persoon is in wese ’n mooi dromer. Hulle is fisiek aantreklik en het ’n aangename persoonlikheid. Hulle is geïnteresseerd in die kunste, veral die visuele kunste, en sal goed vaar in die filmkuns.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy kan geld deur werk kry, maar ongelukkig lyk dat asof daar sterre van bedrog hier is. Dit kan dalk slim wees om seker te maak dinge gaan in die rigting wat jy dink dit moet en dat jy die geld kry waarop jy geregtig is.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Dit is tyd om die een of ander huishoudelike toestel weg te gooi. Dit is goed, want sommige dinge moet gereeld vervang word. Dit is ’n goeie tyd om die ou goed weg te gooi en nuwes te kry. Maak net seker van jou feite.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Daar is nuwe opdragte wat jy wil uitvoer, maar dit is nodig dat dit onder ’n dekmantel van geheimhouding gedoen word. Presies hoekom is onduidelik, maar jy sal jou tyd reg hê om dit onopgemerk te doen. Moenie bekommerd wees nie; jy sal dit uiteindelik gedoen kry.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Daar is uitstekende sterre om saam met vriende te wees, maar daar kan ’n probleem wees met of weens geldsake. Maak ’n gewoonte daarvan om nie geld aan vriende uit te leen nie, want op die ou end skep dit byna altyd spanning.

VISSE (20 Feb.-20 Mar.)

Dit lyk of jy op die punt is om met ’n nuwe projek te begin, maar daar is verwarring. Met die sterre wat jy vandag het, is dit baie waarskynlik dat jy vantevore aan die probleem gewerk het, maar nou sal jy moet onthou wat jy laas keer gedoen het.

RAM (21 Mar.-20 Apr.)

Vorige avonture sal jou vandag op die een of ander manier inhaal. Die goeie ding is daar is geen waarlik ongunstige atmosfeer nie, so as daar negatiewe gevolge is, sal dit nie te ernstig wees nie.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Iets waaroor jy gedroom het, sal gebeur. Dit is net ’n klein droom, so jy moenie verwag om ’n miljoen in die een of ander lotery te wen nie. Dit kan moontlik ’n terugbetaling of verskoning behels.

TWEELING (21Mei-21 Jun.)

Daar sal ’n bevodering wees, maar dis nie so ’n wafferse bevordering nie, so moet nog nie jou Rolls-Royce bestel nie. Die goeie ding van hierdie effense verhoging is mense wys hulle het vertroue in jou en dit is altyd lekker.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Die sterre vir vandag het betrekking op jou werksomstandighede en mense of boodskappe van ver. Dalk werk jy aan iets wat oorsese mense heeltemal verwar. Kom ons hoop jy kan dit regkry en wys waar die talent werklik lê.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Neptunus, wat in jou agtste hoek geaktiveer is, sal jou liefdesdrome laat droom, maar Venus, wat in jou vyfde hoek geaktiveer is, kan hierdie drome laat waar word. Dit gebeur nie dikwels nie, so maak die beste daarvan.

MAAGD (24 Aug. 24-23 Sep.)

Jou gedagtes is by jou huis en hoe jy dit ’n weggkruipplek kan maak waar jy van die wêreld kan wegkom. Die goeie ding omtrent jou sterre vandag is: dit waaroor jy droom, sal goed werk, so maak notas.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Daar is goeie sterre vir dinge wat met familie te doen het, so as jy gereedmaak vir die een of ander partytjie of funksie, is dit nou die tyd om jou sê te sê. Jy sal baie bly wees oor die goeie atmosfeer vandag.