Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Daar is vanjaar goeie sterre vir reis, veral reise oor diep water. Oorweeg dus ’n verskeidenheid vaarte. Daar is ook goeie sterre vir studeer en om te werk met sake wat met geskiedenis of die verlede in die algemeen te doen het.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mense sal ietwat dromerig wees, maar op ’n goeie manier. Hulle stel belang in onverklaarbare, nagtelike verskynsels en wetenskappe soos astronomie en deeltjiefisika. Hulle is geneig om ’n bietjie gemaksugtig te wees.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Met Mars wat vandag in jou teken geaktiveer is, sal jy waarskynlik nie by die werk kan ontspan soos jy gehoop het die geval sal wees nie. Dit sal een van daardie dae wees dat alles van die begin af skeefloop en jy dit maar net moet hanteer.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jy het waarskynlik verwag jy gaan vandag behoorlik ontspan; die meeste van jou take is afgehandel en jy dink al wat jy nou hoef te doen, is voortdryf tot dit naweek is. Verkeerd, Kreef, vandag sal jy rondhardloop en sake probeer regstel.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy het goeie sterre sodat jou wense bewaarheid kan word. Dis nie goed genoeg om jou ryk te maak nie, maar sal jou wel laat glimlag, en dís ’n goeie ding. Die hooftema van die dag is om te kry wat jy al lank wil hê.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Goeie sterre skyn in jou rigting, veral sterre wat jou aansien en plek in die rangorde raak. Jy moet dalk ’n taak op jou neem omdat iemand met siekverlof is of te besig is om dit te doen.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Dinge sal vandag vir jou uitwerk. Nie die groot dinge nie – dis te veel gevra – maar die klein dingetjies waaruit jou dag bestaan. Die dag eindig op ’n positiewe noot en jy kan glimlag.

SKERPIOEN (34 Okt.-22 Nov.)

Jy kry vandag ’n paar rekenings. Dikwels dui die sterre wat jy het op die aankoop van iets groots. Maak net seker jy kry waarna jy soek. Moenie iets koop omdat die verkoopsagent dink jy wil dit hê nie.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Daar is goeie sterre vir vennootskappe en intieme verhoudings. Julle werk goed saam. Aan die ander kant kan jy ’n paar groot flaters begaan as jy besluit dis beter om alleen te werk.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jy het goeie sterre om met werk ekstra geld te verdien, maar dit sal waarskynlik oortyd behels of take wat jy nie gewoonlik behartig nie. Kan dit beteken jy betree ’n hoër vlak en kry ’n bietjie ekstra daarvoor?

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Vandag se sterre dui op werk en moeilike take. Daar is terselfdertyd swak sterre vir gesondheid en dit is dus moontlik dat jy jou by die werk kan sny, brand of lig beseer. Wees versigtig.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Jy is besig om iets te beëindig en met iets te begin wat die plek daarvan kan inneem. Dit sal later voordeel inhou, maar tans behels dit meer werk en minder geleenthede om te rus.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Dit sal vir jou moeilik wees om by jou program te hou. Mars is in jou hoek vir kortafstandreise. Jy kan dus verwag om meer kort reise as gewoonlik te onderneem en as uitvloeisel daarvan het jy meer om te doen.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Alles is deurmekaar, maar jy verwag dit min of meer so voor die naweek. Gelukkig is jy die superdoeltreffende Bul, want min mense kan byhou by die werk wat jy vandag doen.