JOU DAG

Kombineer leierskapsvaardighede met ’n gelykmatige benadering.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is verbeeldingryk en idealisties. Moenie bang wees om foute te maak nie. Die komende jaar is dit tyd om jouself kreatief uit te druk. Doen dit so gereeld moontlik.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Hou op om verbouereerd rond te hardloop en fokus liewer daarop om ’n wankelrige familiesituasie te stabiliseer. Duidelike kommunikasie en goeie luistervaardighede sal die gesprek weer laat vloei.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Liefde en plig gaan tans saam. Aanvaar met ’n glimlag dit wat jy moet doen. Hou jou hart gefokus op die toekoms eerder as om by probleme en kwessies van die verlede vas te steek.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Vandag se son-Saturnus-hoek help om jou dwalende gedagtes in toom te hou. As jy by die werk voor ’n groep mense moet praat, maak seker jy het iets kragtigs om te sê.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Die son en Saturnus verhoog jou motivering. Benut die ekstra energie terwyl dit hou! Die omstandighede is ook goed vir persoonlike projekte, stokperdjies, romanse en professionele aktiwiteite.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Die son-Saturnus-hoek dui daarop dat ander jou op ’n meer professionele en ernstige wyse beskou. Die omstandighede is ook goed vir eiendom en navorsingsprojekte en jy takel sake versigtig en metodies.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Verwag heelwat oproepe, e-posse, SMS’e, twiets en slakkepos. Dit het grootliks met werk te doen. Probeer om ’n kommunikasieprobleem op ’n positiewe en professionele manier te hanteer.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Dis ’n fantastiese dag vir geldtransaksies en professionele projekte omdat die son en Saturnus jou sakemoed ’n hupstoot gee. Maak dus die meeste van die gelukbringende geleenthede op jou pad, Weegskaal.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Die son en Saturnus laat jou selfvertroue styg wanneer jy met ’n projek begin, voor ’n groep praat of ’n nuwe idee ontwikkel. Jy voer take op jou manier uit. Werk teen jou eie konstante spoed.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Jy het die vermoë om ander te onderrig en beïnvloed op ingrypende maniere. Prys en moedig jou kollegas aan en dan sal julle almal positiewer en produktiewer voel. Lei deur voorbeeld.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Jou konsentrasie is goed en jou aandag aan klein besonderhede is selfs beter as gewoonlik. Enige werk wat jy doen, sal van ’n hoë gehalte wees. Ander sien jou talle talente raak.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Die omstandighede is gunstig vir besigheid en geldtransaksies. Hoe praktieser en meer georganiseerd jy is hoe beter sal die uitkoms wees. Dis ’n dag om jou vriende te versorg en met kollegas te netwerk.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Ander het waardering vir jou kunssinnige aard, maar jy streef daarna om kreatief én produktief te wees. Fantastiese idees beteken niks as jy dit nie uitvoer nie. Spring dus aan die werk!